Subsidies vir entstof teen knopvelsiekte

Loading player...
Die Lewendehawe- en Lewendehawe Produkteraad het die gedeeltelike subsidiëring van knopvelsiekte-entstof vanaf môre goedgekeur. Die subsidie word toegeken op 'n eerste-daar-eerste-bedien-basis en fondse is beperk. Die eerste subsidieperiode is vir 1 September verlede jaar tot 31 Maart vanjaar en die tweede van 1 April tot 31 Maart 2027. Kosmos 94.1 Nuus het met Victor Klazen van die raad gepraat, wat verduidelik wie vir die subsidie kwalifiseer:
31 Jan 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Copps 94.1: Windhoekers beïndruk visepresident Witbooi

Visepresident Lucia Witbooi het Vrydagaand by die Copps 94.1-span in die hoofstad aangesluit om haar van die doen en late van Windhoekers op maandeinde te vergewis. Op die misdaadfront was dit ‘n stil aand met geringe insidente en Witbooi het haar tevredenheid met inwoners se gedrag uitgespreek. Sy het met…
28 Mar 1AM 1 min

Namibië benodig 100 miljoen liter brandstof maandeliks

Energieminister Modestus Amutse het aangekondig dat Namibië se jaarlikse brandstofverbruik ongeveer 1,1 miljard liter is, waarvan 70 persent diesel en 30 persent petrol is. Dit is gelykstaande aan ongeveer 100 miljoen liter petrol en diesel wat maandeliks verbruik word. Amutse sê ten spyte daarvan dat die land nie sy eie…
28 Mar 12AM 1 min

Samewerking gevra om SA behuisingsnood aan te spreek

Die minister van Menslike Nedersettings, Thembi Simelane, het 'n beroep gedoen vir dringende, grootskaalse samewerking tussen die regering, die privaat sektor en finansiële instellings om Suid-Afrika se behuisingsagterstand aan te spreek. Die agterstand staan tans op ongeveer 2,6-miljoen eenhede, wat meer as 12-miljoen mense raak. Simelane sê die land word…
27 Mar 11AM 1 min

Sabalenka verwag taai Miami Ope-eindstryd teen Gauff

Tennis: Die wêreld-nommer-een, Aryna Sabalenka van Belarus, kom môre in die Miami Ope se eindstryd teen Coco Gauff te staan. Sabalenka, ʼn viermalige Grand Slam-kampioen, het Elena Rybakina van Kazakstan geklop. Sy kort net een oorwinning om met die gesogte Sonskyn-dubbel te spog ná haar sege vroeër die maand by…
27 Mar 11AM 1 min