Reaksie word steeds ontvang op Namibië se hoëvlak, weeklange besoek aan China, gelei deur president Netumbo Nandi-Ndaitwah. Tydens die besoek het amptenare 'n reeks ooreenkomste onderteken. Nie almal is egter oortuig dat Namibië ekonomiese betrekkinge met China verder moet versterk nie. Kosmos 94.1 Nuus het met ekonoom dr. Roelof Botha…
Minister van Stedelike en Landelike Ontwikkeling, James Sankwasa, sê plaaslike owerhede wat versuim om opgedateerde geouditeerde finansiële state in te dien, sal nie hul begrotingstoekennings van die regering ontvang nie. Hy het vandag tydens sy vergadering met die Otjiwarongo-dorpsraad gesê dat hierdie riglyn reeds op 1 Julie in werking getree…
Die Madlanga-kommissie het sy verrigtinge uitgestel nadat advokaat Andrea Johnson van die Ondersoekdirektoraat teen Korrupsie oornag in die hospitaal opgeneem is. Sy sou getuig oor bewerings van wangedrag wat generaal-majoor Feroz Khan betrek, en lig werp op die verhouding tussen belangrike wetstoepassingsagentskappe. Kommissarisse kritiseer Johnson se mediese sertifikaat as nutteloos…
Die soektog na die 15-jarige Erwin Bezuidenhout, wat na bewering in 'n selfdood op 2 Julie by Platz am Meer in Swakopmund verdrink het, duur steeds voort. Aanduidings is volgens berigte dat swaar grondverskuiwingstoerusting gebruik gaan word om rotse van die breekwater by die winkelsentrum te verwyder. Sy liggaam het…
Die visepresident van die Onderwysersunie van Namibië, Tjandero Tjituka, het verskeie kwessies op Otjiwarongo aangespreek wat beide onderwys self en onderwysers in die land raak. Dit het deel gevorm van 'n rits inligtingsessies wat verskeie staande komitees in die afgelope weke onder hulle relevante sektore gehou het. Kosmos 94.1 Nuus…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.