BKS: VF+ sal regeringsplan noukeurig monitor

Loading player...
Die Vryheidsfront Plus belowe om die regering se bek-en-klouseerplan fyn dop te hou nadat 'n ramptoestand uitgeroep is. Die party sal voortgaan om politieke druk toe te pas om te verseker dat die maatreëls wat deur die minister van Landbou, John Steenhuisen, aangekondig is om die verspreiding van die uitbreking te beperk, doeltreffend uitgevoer word. Wynand Boshoff van die VF Plus sê baie van hierdie maatreëls is lank reeds moontlik en word sedert 2021 aanbeveel:
16 Jan 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Savanna Beef vorder goed

Savanna Beef Processors het in April vanjaar sy Europese Unie-uitvoersertifikaat ontvang en het sedertdien ontbeende, verkoelde of bevrore beesvleissnitte na verskeie Europe lande uitgevoer. Kosmos 94.1 Nuus het met Savanna Beef se uitvoerende hoof, Ian Collard gepraat oor wat hulle planne nou is.
22 May 12AM 1 min

Agoa-verlenging: Namibië moet steeds nuwe markte soek

Amerikaanse president Donald Trump het Agoa, of die Wet op Afrika-groei en -Geleenthede, tot Desember verleng. Namibië is een van die begunstigde Afrika-lande onder die wet, wat belastingvrye handelsvoorregte bied vir uitvoere na Amerika. Daar was al voorheen spanning oor Agoa omdat Trump gedreig het om dit op te hef…
22 May 12AM 1 min

Afrika moet ook datasentrums bou

In die buurland het Cassava Technologies se uitvoerende hoof in Suid-Afrika en Botswana, Ziaad Suleman, tydens 'n Bowmans-seminaar gevra vir meer datasentrums in Afrika, omdat die vasteland steeds afhanklik is van buitelandse infrastruktuur. Suleman sê die datasentrum-mark kan groei van 57,9-miljard Namibiese dollar in 2024 tot 115-miljard dollar in 2030…
21 May 11PM 1 min

Kommer oor VSA inval in Kuba na vliegdekskip aankom

Internasionaal en kommer oor Amerikaanse militêre optrede in Kuba neem toe na die aankoms van die vliegdekskip USS Nimitz en sy groep aanvalskepe Woensdag in die Karibiese See. Washington het dieselfde dag verskeie klagte, insluitend vier van moord, teen voormalige Kubaanse leier Raúl Castro en vyf ander gebring. President Trump…
21 May 11PM 1 min