Savanna Beef Processors het in April vanjaar sy Europese Unie-uitvoersertifikaat ontvang en het sedertdien ontbeende, verkoelde of bevrore beesvleissnitte na verskeie Europe lande uitgevoer. Kosmos 94.1 Nuus het met Savanna Beef se uitvoerende hoof, Ian Collard gepraat oor wat hulle planne nou is.
Amerikaanse president Donald Trump het Agoa, of die Wet op Afrika-groei en -Geleenthede, tot Desember verleng. Namibië is een van die begunstigde Afrika-lande onder die wet, wat belastingvrye handelsvoorregte bied vir uitvoere na Amerika. Daar was al voorheen spanning oor Agoa omdat Trump gedreig het om dit op te hef…
In die buurland het Cassava Technologies se uitvoerende hoof in Suid-Afrika en Botswana, Ziaad Suleman, tydens 'n Bowmans-seminaar gevra vir meer datasentrums in Afrika, omdat die vasteland steeds afhanklik is van buitelandse infrastruktuur. Suleman sê die datasentrum-mark kan groei van 57,9-miljard Namibiese dollar in 2024 tot 115-miljard dollar in 2030…
Internasionaal en kommer oor Amerikaanse militêre optrede in Kuba neem toe na die aankoms van die vliegdekskip USS Nimitz en sy groep aanvalskepe Woensdag in die Karibiese See. Washington het dieselfde dag verskeie klagte, insluitend vier van moord, teen voormalige Kubaanse leier Raúl Castro en vyf ander gebring. President Trump…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.