
Roep NV byeen om te begin werk vir land, sê Venaani
Loading player...
Die stygende jeugwerkloosheid bly ’n ernstige bedreiging vir die land se sosiale en ekonomiese toekoms. Die PDM sê die krisis vereis dringende politieke ingryping en doen ’n beroep dat jeugwerkloosheid, soos in Suid-Afrika, as ’n nasionale noodtoestand verklaar word. Daar word ook gevra vir die stigting van ’n spesiale komitee om werklike oplossings en werkskepping te dryf. Verder wil die party hê dat die parlement vroeër as beplan moet begin, sodat noodsaaklike wetgewing bespreek en aanvaar kan word. Kosmos 94.1 Nuus het met die PDM president McHenry Venaani gepraat.

