VERSKILMAKERS: Die Geskenkhuisie

Loading player...
Die Geskenkhuisie Kersmark was ‘n groot sukses en die besoekers aan die mark het die Gemeenskapsprojek vir 2025 met soveel liefde en mooi harte ondersteun. Hul het daarop gefokus om toiletware vir behoeftige bejaardes in te samel. Barbara van Rooyen van Die Geskenkhuisie het by Sarina kom draai om die items te oorhandig. Daar is ook bekendgemaak dat Kairos se sewe tehuise hierdie skenkings sal ontvang. Dankie vir ELKEEN wat 'n bydrae gemaak het!!
8 Jan 5AM Afrikaans South Africa Education · Health & Fitness

Other recent episodes

Snoete-goete: Animotion

Wanneer ons aan prosteses dink, dink ons gewoonlik aan mense — maar tegnologie verander ook die lewens van diere wat ledemate verloor het weens beserings, ongelukke of aangebore toestande. Organisasies soos Animotion help om spesiaal-ontwerpte prosteses vir diere te ontwikkel, wat hulle weer mobiliteit, onafhanklikheid en ’n beter lewensgehalte gee…
6 Feb 8AM 8 min

Gemeenskapsfokus: Irene Homes

Christiaan Jooste van Cameleon Hope vertel van die infrastruktuuruitdagings by Irene Homes en doen 'n beroep op die gemeenskap om betrokke te raak.
5 Feb 5AM 3 min