
OR Tambo-vertragings verduidelik
Loading player...
Die Lugverkeer- en Navigasiediens sê daar was gister vlugvertragings by die OR Tambo Internasionale Lughawe, wat daartoe gelei het dat passasiers vir meer as vier ure gestrand was. Tydelike menslike hulpbronbeperkings by die Lugverkeerbeheerstasie het die vertragings veroorsaak. 'n Woordvoerder, Mphilo Dlamini, sê die vertragings het beteken dat minder beheerders vliegtuie veilig in en uit kon gelei, wat stadiger opstygings en landings veroorsaak het:

