
Jou weer: Droog en warm, droog en koel, en donderstorms
Loading player...
‘n Mengelmoes van weer wag op Namibië vandeesweek. Olga Tjiueza van die Meteorologiese Diens het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê 'n hoëdrukstelsel gaan koeler lug na die Suide bring, terwyl tropiese vog in die Noorde geïsoleerde donderstorms kan veroorsaak. Temperature styg tot 37 grade Celsius op Rundu, 36 op Katima Mulilo en 26 op Lüderitz.

