VSA verwag nakoming en samewerking van Venezuela - Rubio

Loading player...
Die Amerikaanse minister van buitelandse sake, Marco Rubio, sê dat die inhegtenisneming van president Nicolás Maduro nie ’n oorlog teen Venezuela is nie. Maduro en sy vrou, Cilia Flores, is tydens Saterdag se aanvalle deur Amerikaanse magte gevange geneem. Hy word in ’n tronk in New York aangehou en staar aanklagte van dwelmhandel en wapensmokkelary in die gesig. President Donald Trump het verklaar dat die VSA sal voortgaan om die land te bestuur totdat ’n oordeelkundige oorgang kan plaasvind. In ’n onderhoud met NBC het Rubio gesê hy verwag om meer nakoming en samewerking van Venezuela te sien:
4 Jan 10PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Alles is nie pluis by Nascam nie

Die onlangse afdanking van die uitvoerende hoof van die Namibiese Vereniging van Komponiste en Outeurs van Musiek, Nascam, Albert Nicanor, blyk nie eenvoudig te wees nie. Die raad het Nicanor ontslaan na 'n dissiplinêre proses wat hom skuldig bevind het aan ernstige wangedrag. Kosmos 94.1 Nuus het met die voorsitter…
15 May 1AM 1 min

Kommer oor stadige beleggingslewering in SA

President Cyril Ramaphosa sê die regering is bewus van kommer oor stadige beleggingslewering en hou vol vordering word gemaak deur middel van voortgesette hervormings. Tydens sy mondelinge antwoord op vrae in die Nasionale Vergadering het Ramaphosa gesê die regering se beleggingsveldtog bly op koers, met pogings gemik op die verbetering…
15 May 1AM 1 min

Scheffler onder 7 voorlopers in Pennsilvanië

Die verdedigende kampioen, Scottie Scheffler, is onder sewe voorlopers by die PGA Kampioenskap na ʼn openingsrondte van 67 by die Aronimink-gholfklub in Pennsilvanië. Die Amerikaner is gesamentlik eerste saam met die Suid-Afrikaner Aldrich Potgieter, Australiër Min-Woo Lee, die Duitsers Martin Kaymer en Stephan Jaeger, Ryo Hisatsune van Japan en die…
15 May 1AM 1 min

DA verwelkom afdanking van Tolashe

Die DA sê president Cyril Ramaphosa het die regte ding gedoen om die minister van Maatskaplike Ontwikkeling, Sisisi Tolashe, af te dank omdat haar posisie in die Kabinet onverdedigbaar was. Sy het versuim om twee luukse Chinese voertuie te verklaar wat laat in 2023 aan die ANC-vroueliga geskenk is. Tolashe…
15 May 1AM 1 min