Grond bly netelig in Oekraïne-onderhandelinge

Loading player...
President Donald Trump van Amerika sê onderhandelaars kom nader aan ʼn Oekraïnse vredesooreenkoms, maar erken netelige sake soos die grondkwessie bly ʼn probleem. Hy het Sondag met Oekraïne se president Volodymyr Zelensky vergader by sy Florida-oord, Mar-a-Lago. Hierdie jongste vergadering volg kort nadat Rusland die jaar se langste, volgehoue aanval op Kiëf uitgevoer het, waarin minstens twee mense dood en tientalle ander beseer is. Trump sê Rusland stel nie belang in ʼn skietstilstand wat Oekraïne sal tyd gee om ʼn referendum te hou nie:
29 Dec 2025 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

SA se mynbouproduksie styg effe in Maart

Statistieke Suid-Afrika sê mynbouproduksie het in Maart met 2,5-persent gestyg, hoofsaaklik gedryf deur sterk groei in die platinumgroepmetale, goud en mangaanerts. Steenkool het 'n afname aangeteken. Seisoensaangepaste produksie het egter met 5,1-persent gedaal in vergelyking met Februarie, ten spyte van 'n effense kwartaallikse toename van 0,6-persent. Juan-Pierre Terblanche van Statistieke…
15 May 3AM 1 min

Trump sê Xi stem saam oor Iran en kernwapens

President Donald Trump van Amerika sê die Chinese leier, Xi Jinping, het gister tydens samesprekings ingestem om geen militêre toerusting aan Iran te verskaf nie. Beijing was in die 1980’s ʼn belangrike verskaffer van konvensionele wapens aan Iran. Hy het egter in 2015 oordragte gestaak na die Verenigde Nasies se…
15 May 3AM 1 min

Solidariteit skep padkaart vir rasvrye SA

Die vakbond Solidariteit het 'n nuwe padkaart bekendgestel wat teen 2030 'n rasvrye Suid-Afrika bepleit. Hulle stel voor rasgebaseerde wetgewing moet geleidelik uitgefaseer word en vervang word met beleide wat fokus op armoede, jeugwerkloosheid, vaardigheidsontwikkeling en ekonomiese groei. Corne Mulder van Solidariteit sê die huidige rassewette kon nie werkloosheid en…
15 May 3AM 1 min

Iran vra mede-Brics-lede om VSA, Israel te veroordeel

Die Iranse minister van Buitelandse Sake, Abbas Aragchi, het mede-Brics-lidlande versoek om die VSA en Israel te veroordeel oor wat hy hul "onwettige aggressie" teen Teheran genoem het. Hy het by die vergadering van ministers van Buitelandse Sake in Nieu-Delhi, Indië, gepraat. Die oorlog in Iran het sy 77ste dag…
15 May 3AM 1 min