Daar's dalk weer zama zamas ondergronds vasgekeer

Loading player...
Die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, het kommer uitgespreek dat onwettige mynwerkers moontlik in Bapong, Noordwes, vasgekeer is nadat grond ingekalwe het. Ná ʼn besoek deur Natjoints-lede en die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag, is minstens elf onwettige mynwerkers vasgetrek en beslag gelê op tien masjiengrawe. Masemola sê wetstoepassers moet weekliks inspeksie doen. Hy sê inwoners en operateurs moet regulasies nakom terwyl owerhede inspeksies en nakomingsmaatreëls verskerp:
17 Dec 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Hyphen se vaardighede sensus duur voort

Hyphen Hydrogen Energy het vroeër vanjaar hulle vaardigheids-opname geloods. Hierdie sensus stel Namibiërs in staat om hul vaardigheidsinligting in te dien en relevante dokumente op te laai om in 'n omvattende werksoekersdatabasis ingesluit te word. Kosmos 94.1 Nuus het met Martin Wilkinson,die senior ekonomiese ontwikkelingsbestuurder by Hyphen gepraat, wat 'n…
17 Dec 3AM 1 min

Versigtig met jou kinders tydens die vakansie

Die Teddy Bear-kliniek vir mishandelde kinders waarsku ouers om hierdie feestyd waaksaam te bly. Die kliniese direkteur, Shaheda Omar, sê kinders is nie altyd veiliger by die huis nie omdat hulle gewoonlik misbruik word deur mense wat hulle ken. Omar sê alkohol, minder toesig en sosiale geleenthede skep gevare. Sy…
17 Dec 3AM 1 min

Cyril betreur skendings van SA se naam

President Cyril Ramaphosa sê dit is kommerwekkend dat daar diegene, binne en buite die land, is wat hul uiterste bes doen om 'n vals prentjie van die Suid-Afrikaanse omgewing te skets. Hy het gister die geleentheidsrede gelewer tydens die nasionale herdenking van Versoeningsdag by die Ncome Museum in KwaZulu-Natal. Ramaphosa…
17 Dec 2AM 1 min

Withuis staan bankvas agter Wiles na 'daardie' onderhoud

Die Withuis-stafhoof, Susie Wiles, het opslae gemaak vir 'n reeks openhartige kommentare wat in Vanity Fair gepubliseer is. Sy het president Donald Trump beskryf as ‘n mans met grenslose vertroue, die persoonlikheid van ‘n alkoholis en iemand wat wraak neem en vergelding soek. Sy het ook, onder andere, gesê visepresident…
17 Dec 2AM 1 min