GUN boos oor hofopdrag

Loading player...
Reaksie word ontvang op die hoërhof wat gelas het dat die kwessies wat onder die loep moet kom in die saak waar die Ganja Users of Namibia en ander aansoekers vra dat dagga gewettig word, beperk moet word. Die saak is intussen uitgestel tot 22 Januarie daarvoor. Kosmos 94.1 Nuus het met Borro Ndungula die Ganja Users of Namibia se sekretaris-generaal, gepraat. Hy sê dit is 'n apartheidswet wat bedoel was om swart mense te onderdruk.
16 Dec 2025 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Twee IPC-lede beskuldig van kommunale grondskendings

'n Nuwe grondkwessie het in Namibië se |Khomanin-kommunale gebied ontstaan. Besorgde inwoners en die Landless Khomanin-groep beskuldig die IPC-parlementslid Michael Mulunga daarvan dat hy 5 hektaar kommunale grond by Nauspoort verkry het, en heinings en permanente strukture sonder duidelike magtiging opgerig het. Dit is na bewering ten koste van plaaslike…
2 Apr 2AM 1 min

SAPD finansiële beampte geskors oor miljoene wat verduister is

'n Finansiële beampte van die Polisie, verbonde aan die Beskermings- en Sekuriteitsdienste is geskors na bewerings van bedrog wat miljoene rand beloop. 'n Interne ondersoek het bevind dat die beampte na bewering sy toegang tot die finansieringstelsel gebruik het om kontant te onttrek wat bedoel was vir reiskoste vir presidensiële…
2 Apr 2AM 1 min

Trump-toespraak laat olieprys verder styg

President Donald Trump sê die VSA se belangrikste strategiese doelwitte in Iran nader voltooiing. Hy het 'n televisietoespraak vanuit die Withuis gelewer, waar hy die weermag se suksesse in Teheran die afgelope paar weke geprys het. Trump het sy besluit om oorlog te voer verdedig en Iran beskryf as 'n…
2 Apr 1AM 1 min

Vragoperateurs het kommer oor dieselprys

Die Padvragvereniging sê padvragoperateurs is onder geweldige druk as gevolg van die jongste brandstofprysstygings. Stygende wêreldwye oliepryse as gevolg van die Midde-Oosterse spanning en 'n swakker rand het die brandstofprysstyging veroorsaak. Beide grade petrol het met 3 Suid-Afrikaanse rand per liter gestyg, terwyl beide grade diesel met meer as 7…
2 Apr 1AM 1 min

NamPol ontplooi landswyd tydens Paasnaweek

NamPol het omvattende misdaadvoorkomingsoperasies vir die Paasvakansietydperk geïmplementeer, met die fokus op hoë polisiesigbaarheid, padveiligheid en die vermindering van kriminele aktiwiteite landswyd. NamPol-woordvoerder, adjunkkommissaris Kauna Shikwambi, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die polisie meer patrollies in gemeenskappe, sakegebiede en industriële sones sal ontplooi om misdade soos straatrowe en…
2 Apr 1AM 1 min