Brent-ru olie pryse is tans wisselvallig maar wat nie wisselvallig is nie, is die sekerheid dat weens die uitwerking van die Midde-Oosterse oorlog, voedselpryse en inflasie die hoogte in sal skiet. Inflasie sal ook langer vat om te daal, sou die oorlog binnekort tot ‘n einde kom. Kosmos 94.1 Nuus…
President Donald Trump sê die VSA het geen olie nodig wat deur die Straat van Hormuz ingevoer word nie. Hy sê lande wat dit nodig het, moet die leiding neem om die roete weer oop te maak. Iran het die seeweg, een van die wêreld se besigste olie-verskepingskanale, effektief geblokkeer…
Die Organisasie teen Belastingmisbruik sê die regering se brandstofheffingverlaging was te laat, ten spyte van duidelike tekens van die skerp stygings vroeër in die maand. Die organisasie sê hoewel die verlaging sal help om druk op verbruikers te verlig en stygings in vervoer- en voedselkoste te beperk, het die vertraging…
Voormalige NASA-vuurpylwetenskaplike Aisha Bowe sê sy het rillings gekry toe sy NASA se lansering van die Artemis II-sending na die maan se wentelbaan gekyk het. Die sending het suksesvol gelanseer en sal ‘n tien-dag lange vlug rondom die maan neem. Bowe sêaan Sky News dat dit die huidige generasie se…
'n Nuwe grondkwessie het in Namibië se |Khomanin-kommunale gebied ontstaan. Besorgde inwoners en die Landless Khomanin-groep beskuldig die IPC-parlementslid Michael Mulunga daarvan dat hy 5 hektaar kommunale grond by Nauspoort verkry het, en heinings en permanente strukture sonder duidelike magtiging opgerig het. Dit is na bewering ten koste van plaaslike…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.