Unam-visekanselier gesels oor Afrika-Millimeter-teleskoop

Loading player...
Die Namibiese Afrika-Millimeter-teleskoop se omgewingsassesseringsproses is nou in sy omvangsfase. Die teleskoop op die Gamsberg sal 'n 14-meter-skottel hê en sal deel wees van die wêreldwye Event Horizon-teleskoopnetwerk. Die projek word gelei deur Unam se professor Michael Backes, Zandré Duvenhage, dr. Marc Klein Wolt en John Pallett. Kosmos 94.1 Nuus se Francois Lottering het gepraat met Unam se visekanselier, professor Kenneth Matengu, wat op die terrein was.
15 Dec 2025 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Werkgewers kan opleidingseise indien

Die Namibiese Opleidingsowerheid herinner kwalifiserende werkgewers daaraan om hul eise vir werkgeweropleidingstoelae vir die 2025/26-boekjaar in te dien. Die owerheid verwag om ongeveer 613 miljoen Namibiese dollar in heffings in hierdie siklus in te vorder, met tot 50 persent beskikbaar vir terugbetalings aan die wat opleiding gedoen het. Veripi Kangumine…
2 Apr 4AM 1 min

DA soek billike, deursigtige prysbeleid in energiemark

Die DA sê hulle pleit vir 'n nuwe, billike en deursigtige prysbeleid wat bekostigbaarheid, verantwoordbaarheid en die verskeidenheid van die energiemark eerste stel. Vanaf 1 April het elektrisiteitstariewe vir die 2026/2027-boekjaar met ongeveer 8,7-persent gestyg vir kliënte wat regstreeks deur Eskom voorsien word, terwyl nog 'n verhoging van 8,83-persent vir…
2 Apr 4AM 1 min

Statistikus-generaal gesels oor inflasie en brandstofpryse

Brent-ru olie pryse is tans wisselvallig maar wat nie wisselvallig is nie, is die sekerheid dat weens die uitwerking van die Midde-Oosterse oorlog, voedselpryse en inflasie die hoogte in sal skiet. Inflasie sal ook langer vat om te daal, sou die oorlog binnekort tot ‘n einde kom. Kosmos 94.1 Nuus…
2 Apr 3AM 1 min

Trump sê lande wat Hormuz gebruik moet dit self oopmaak

President Donald Trump sê die VSA het geen olie nodig wat deur die Straat van Hormuz ingevoer word nie. Hy sê lande wat dit nodig het, moet die leiding neem om die roete weer oop te maak. Iran het die seeweg, een van die wêreld se besigste olie-verskepingskanale, effektief geblokkeer…
2 Apr 3AM 1 min

Outa vra deursigtigheid oor brandstofreserwes

Die Organisasie teen Belastingmisbruik sê die regering se brandstofheffingverlaging was te laat, ten spyte van duidelike tekens van die skerp stygings vroeër in die maand. Die organisasie sê hoewel die verlaging sal help om druk op verbruikers te verlig en stygings in vervoer- en voedselkoste te beperk, het die vertraging…
2 Apr 3AM 1 min