NSX beleef goeie jaar, vertoon veerkragtig

Loading player...
Die jaar 2025 was positief vir Namibië se aandelemark. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het die uitvoerende hoof van die Namibiese Sekuriteitebeurs, Tiaan Bazuin, gesê die Namibiese mark bly positief, met die sekuriteitebeurs wat agtste in die top 10 Afrikalande met die grootste aandelemark-handelsvolumes in 2025 is. Die beurs spog met 'n markkapitalisasie van ongeveer 2 triljoen Namibiese dollar, wat dit 'n beduidende finansiële instelling in Suider-Afrika maak.
12 Dec 2025 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Winsdeling 'n beter plan met Rössing, sê Mudge

Die regering het in die parlement gesê dit bespreek die moontlike verkryging van 'n 10 persent-belang in die Rössing-uraanmyn. Die belang word tans deur die Industriële Ontwikkelingskorporasie van Suid-Afrika gehou, wat beleggers genooi het om vir die aandeelhouding te bie as deel van hul onttrekking uit die uraanmynmaatskappy. Kosmos 94.1…
2 Apr 8AM 1 min

BKS: Bly waaksaam oor Paasnaweek, vra Steenhuisen

Die minister van landbou, John Steenhuisen, vra die landbousektor om te verenig in die stryd teen bek-en-klouseer, en beklemtoon biosekerheid is almal se verantwoordelikheid. Hy sê ook die beskerming van vee beskerm voortbestaan en nasionale voedselsekerheid. Steenhuisen versoek boere en belanghebbendes om hierdie Paasfees waaksaam te bly en met gedeelde…
2 Apr 8AM 1 min

Cosatu eis veskerping van regering se beleggingsveldtog

Cosatu dring daarop aan dat die regering sy beleggingsveldtog verskerp, aangesien die ekonomie hom staal vir ernstige wêreldwye beroering. Dit is weens die Midde-Oosterse konflik en die reusestygings in brandstofpryse. Matthew Parks van Cosatu sê hulle verwelkom die beleggingsbeloftes van byna 900 miljard Suid-Afrikaanse rand wat vroeër die week tydens…
2 Apr 6AM 1 min

'Hierdie is nie ons oorlog nie' - Starmer

Die Britse eerste minister Keir Starmer sê die wêreldwye onbestendigheid wat deur die Iranse oorlog veroorsaak is, beteken dat Brittanje nouer met Europese bondgenote oor veiligheid en die ekonomie moet skakel. Dit volg op herhaalde kritiek van die Amerikaanse president Donald Trump. Starmer het aan die media gesê die impak…
2 Apr 6AM 1 min

ACC se begroting dui aan Namibië voel niks vir korrupsie nie

Die parlement bevraagteken of Namibië korrupsie werklik as verraad kan beskou, soos verklaar deur president Netumbo Nandi-Ndaitwah, te midde van kommer oor die begroting van die Teenkorrupsie Kommissie. Die kommissie is 109 miljoen Namibiese dollar vir 2026/2027 toegeken, insluitend 89 miljoen dollar vir sy bedrywighede en ongeveer 4,6 miljoen dollar…
2 Apr 6AM 1 min