Korrektiewe Diens spog met 153 nuwe lede

Loading player...
Die Namibiese Korrektiewe Diens het 153 nuwe personeellede in hul geledere verwelkom. Die lynminister, Lucia Iipumbu, sê die toevoegings sal help om die huidige personeeltekort, wat op 65 persent staan, te verminder. Sy het die opmerkings gemaak in Omaruru tydens die gradeplegtigheid vir leerlinge van die 9de Basiese Oriënteringsopleidingskursus.
11 Dec 2025 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Noorde-goewerneurs in Angola vir landbou-samewerking

Goewerneurs van die Ohangwena-, Omusati-, Oshana- en Kunene-streke is tans op 'n weeklange werksbesoek aan Angola se Cunene- en Huila-provinsies. Ohangwena-goewerneur Kadiva Hamutumwa sê die besoek sal dien as 'n bloudruk vir vennootskappe wat daarop gemik is om tasbare ontwikkeling te lewer, insluitend voedselsekerheid, verbeterde produksie en werksgeleenthede in Namibië…
23 Jan 10AM 1 min

Vlootoefening was mislukking van bevelsketting: DA

Die DA sê president Cyril Ramaphosa se erkenning dat die proses vir die Will for Peace-vlootoefening gebrekkig was, maak dit 'n mislukking in die bevelsketting, nie bloot 'n bedryfskwessie nie. Die minister van Verdediging, Angie Motshekga, het 'n ondersoek gelas om te bepaal waarom sy opdrag vir Iran se onttrekking…
23 Jan 10AM 1 min

Ubuntu-motorfietsbyeenkoms gaan Karibib laat dreun

Die 10de been van die Ubuntu-motorfietsbyeenkoms vind Sondag op Karibib plaas, met verskillende klubs en hulle ondersteuners wat byeenkom vir die plaaslike been van ‘n internasionale byeenkoms. Francois Lottering van Motor Media Namibia het al die besonderhede.
23 Jan 9AM 1 min

NamPower bied 15 studiebeurse aan

NamPower het studiebeurse aangekondig vir 15 studente in verskeie velde wat binne die elektrisiteitsektor benodig word. Die besturende direkteur van NamPower, Simson Haulofu, het die belangrikheid van onderwys vir Namibië se toekomstige ontwikkeling beklemtoon, veral rondom hernubare energie en hulpbronne.
23 Jan 9AM 1 min