
DA verwelkom skoolveiligheidsplan
Loading player...
Die DA in die Wes-Kaap verwelkom die Onderwysdepartement se toewysing van meer as 5,2-miljoen Suid-Afrikaanse rand vir skoolveiligheid en -sekerheid tydens die Desember-vakansie. Woordvoerder Peter Johnson sê die belegging is 'n regstreekse reaksie op meer as 840 voorvalle van misdaad, opsetlike beskadiging en diefstal wat skole reg oor die provinsie in die eerste drie kwartale van vanjaar aangemeld het. Hy sê die skade beloop meer as 5,1-miljoen-rand:

