Die Namibiese Korrektiewe Diens het 153 nuwe personeellede in hul geledere verwelkom. Die lynminister, Lucia Iipumbu, sê die toevoegings sal help om die huidige personeeltekort, wat op 65 persent staan, te verminder. Sy het die opmerkings gemaak in Omaruru tydens die gradeplegtigheid vir leerlinge van die 9de Basiese Oriënteringsopleidingskursus.
Die DA in die Wes-Kaap verwelkom die Onderwysdepartement se toewysing van meer as 5,2-miljoen Suid-Afrikaanse rand vir skoolveiligheid en -sekerheid tydens die Desember-vakansie. Woordvoerder Peter Johnson sê die belegging is 'n regstreekse reaksie op meer as 840 voorvalle van misdaad, opsetlike beskadiging en diefstal wat skole reg oor die provinsie…
Onafhanklike meteoroloog Vilho Ndeunyema sê hewige donderstorms word vandag oor sentraal-Namibië, veral Otjiwarongo, en die noordoostelike dele van die Erongo-streek verwag. Inwoners word gemaan om paraat te bly vir oorstromings en kitsvloede.
Reaksie word ontvang oor gratis tersiêre onderwys wat uitgebrei word na private instellings. Daar is egter beperkings rakende watter studente kwalifiseer. Ouers moet 100 000 Namibiese dollar of minder per jaar verdien, af van 500 000 dollar. Kosmos 94.1 Nuus het kommentaar gekry van die woordvoerder van die Namibië Nasionale…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.