Reaksie word ontvang op die rits aanstellings van 8 adjunkministers, ‘n minister en presidensiële adviseur deur president Netumbo Nandi-Ndaitwah vanoggend. Adjunkministers het geen uitvoerende gesag nie en die aanstellings dra by tot die regering se loonrekening wat tans op meer as 40 miljard dollar staan. Kosmos 94.1 Nuus het met…
Weens die oorstromings in die Oshana-, Kavango-Oos-, en Zambezi-streke moes skole vir twee weke sluit. Die regering is hoopvol dat klasse ná Paasnaweek kan hervat. Die omvang van die skade moet ook nog bepaal word. Otto Knox Imbuwa, die adjunkuitvoerende direkteur in die onderwysministerie, het meer:
Privaatsektor-kredietverlening het in Februarie effe gestyg, met 'n jaarlikse groei wat tot 4,7 persent gestyg het vanaf 4,2 persent in Januarie. Die totale leningsboek beloop 123,2 miljard Namibiese dollar. Simonis Storm sê die effens hoër groei was te danke aan 'n toename in die opname van krediet deur besighede, terwyl…
Die Green Connection kritiseer die regering se brandstof- en energiebeleid en noem dit onvoldoende om stygende koste en omgewingskwessies aan te spreek. Neville van Rooy van die organisasie voer aan huidige maatreëls bevorder nie volhoubare energie-alternatiewe nie en beskerm verbruikers nie teen prysstygings nie. Hy versoek die regering om langtermynstrategieë…
Die regering het in die parlement gesê dit bespreek die moontlike verkryging van 'n 10 persent-belang in die Rössing-uraanmyn. Die belang word tans deur die Industriële Ontwikkelingskorporasie van Suid-Afrika gehou, wat beleggers genooi het om vir die aandeelhouding te bie as deel van hul onttrekking uit die uraanmynmaatskappy. Kosmos 94.1…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.