Gratis tersiêre onderwys: Nanso het kommer

Loading player...
Reaksie word ontvang oor gratis tersiêre onderwys wat uitgebrei word na private instellings. Daar is egter beperkings rakende watter studente kwalifiseer. Ouers moet 100 000 Namibiese dollar of minder per jaar verdien, af van 500 000 dollar. Kosmos 94.1 Nuus het kommentaar gekry van die woordvoerder van die Namibië Nasionale Studente-organisasie, Jessy Abraham.
11 Dec 2025 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

BKS het krisisvlak bereik - VF+

Die Vryheidsfront Plus sê die skerp styging in bek-en-klouseer-gevalle in Gauteng en omliggende provinsies het ʼn krisisvlak bereik en beslissende optrede is nodig. Die land beleef een van die ergste uitbrekings in dekades. Dit het in April 2025 in KwaZulu-Natal begin en het sedertdien landwyd versprei. Jaco Mulder van die…
12 Jan 10PM 1 min

Spanning tussen Iran en VSA bou

Iran het Maandag gesê hy hou kommunikasie met Amerika oop terwyl president Donald Trump reaksies op 'n dodelike onderdrukking van landwye betogings oorweeg. Minstens 650 mense het tot dusver gesterf in die betogings, berig die BBC. Tienduisende pro-regering inwoners het ook Maandag in Teheran bymekaargekom in 'n saamtrek genaamd die…
12 Jan 10PM 1 min

SA onderwysminister prys top-matrieks en families

Die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, het die toppresteerders van 2025 se matriekklas gelukgewens en prys hul akademiese uitnemendheid. Sy het leerders in Johannesburg herinner hierdie mylpaal dui die begin van 'n nuwe reis aan. Gwarube het leerders aangemoedig om te volhard ondanks toekomstige uitdagings en om hul belangstelling,…
12 Jan 10AM 1 min

Medvedev reken hy kan Aussie Ope wen

Tennis: Die driemalige naaswenner van die Australiese Ope, Daniil Medvedev, sê hy glo met sy huidige spelpeil sal dit moeilik wees om hom vanjaar op Melbourne Park te klop. Die Rus het die Amerikaner Brandon Nakashima gister verslaan op die Brisbane-internasionaal om sy 22ste toer-titel te buit. Medvedev erken egter…
12 Jan 10AM 1 min