Zaamwani bevestig plek vir Batswana in nasie

Loading player...
Die landbouminister, Inge Zaamwani, het vandag die Gam-gebied besoek, wat Batswana van Namibiese afkoms huisves. Sy het die toestand van die fasiliteit beoordeel en 'n vroeë Kersmiddagete vir inwoners aangebied. In 2024 is sommige van die Batswana met regeringsondersteuning, insluitend dokumente, verblyf, watertenks en ander geriewe, na Namibië gerepatrieer. Zaamwani het bevestig dat die regering daartoe verbind is om hulle ten volle in die Namibiese samelewing te integreer.
11 Dec 2025 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Duur ambassades oorbodig, sê ouddiplomaat

Die regering het 'n massiewe 952 miljoen Namibiese dollar, byna 70 persent van sy internasionale betrekkinge-begroting van 1,3 miljard dollar, aan diplomatieke sendings in die buiteland toegeken vir die 2026/2027-boekjaar. Terwyl die regering sê die befondsing is noodsaaklik om nasionale belange in 'n vinnig veranderende globale landskap te beskerm, bevraagteken…
2 Apr 11AM 1 min

Padveiligheid: Goeie begin vir Pase in SA

Die minister van vervoer, Barbara Creecy, sê daar was 'n afname in padongelukke en sterftes voor die besige Paasnaweek-reistydperk. Noodlottige ongelukke het met 16,7-persent gedaal, van 306 tot 255, en sterftes met 18,3-persent van 356 tot 291 in dieselfde tydperk verlede jaar. Dit word toegeskryf aan verskerpte wetstoepassing, insluitend meer…
2 Apr 11AM 1 min

'Gobabis dra las van politieke onrus'

Inwoners van Gobabis spreek toenemende frustrasie uit namate voortdurende politieke binnegevegte stabiele leierskap in die munisipaliteit vertraag. 'n Geskil oor die beëdiging van raadslede, gekoppel aan die "A Right to Shelter"-vereniging, het ingryping deur die minister van stedelike ontwikkeling, James Sankwasa, afgedwing. Terwyl geskille steeds voortduur, het gemeenskapsleier Wallace Finnies…
2 Apr 11AM 1 min

NNN se nuwe aanstellings laat wenkbroue lig

Reaksie word ontvang op die rits aanstellings van 8 adjunkministers, ‘n minister en presidensiële adviseur deur president Netumbo Nandi-Ndaitwah vanoggend. Adjunkministers het geen uitvoerende gesag nie en die aanstellings dra by tot die regering se loonrekening wat tans op meer as 40 miljard dollar staan. Kosmos 94.1 Nuus het met…
2 Apr 10AM 1 min

Skole in oorstroomde gebiede open dalk ná Paasnaweek

Weens die oorstromings in die Oshana-, Kavango-Oos-, en Zambezi-streke moes skole vir twee weke sluit. Die regering is hoopvol dat klasse ná Paasnaweek kan hervat. Die omvang van die skade moet ook nog bepaal word. Otto Knox Imbuwa, die adjunkuitvoerende direkteur in die onderwysministerie, het meer:
2 Apr 10AM 1 min