VERSKILMAKERS: Surgeons for little lives

Loading player...
Surgeons for Little Lives vier hierdie jaar ’n ongelooflike mylpaal – tien jaar van hoop, genesing en menslikheid by Chris Hani Baragwanath Akademiese Hospitaal. In ’n stelsel waar hulpbronne dikwels min is, het hierdie organisasie ’n wêreld van verskil gemaak vir duisende kinders en hul families. Onder die leiding van Prof. Jerome Loveland het hulle nie net fasiliteite opgegradeer nie, maar ook die hart van pediatriese sorg verander: van emosionele ondersteuning en kreatiewe programme tot die opleiding van die volgende generasie spesialiste. Vandag gesels ons met Prof. Loveland oor dié eerste tien jaar, die uitdagings, en die toekoms van kinderchirurgie in Suid-Afrika.
11 Dec 2025 4AM Afrikaans South Africa Education · Health & Fitness

Other recent episodes

Dok, is dit normaal om te nies as ek in die son kom?

Melissa wou weet of dit normaal dat haar 6 maande oue seuntjie nies elke keer as hy in die son kom... Dr Andries de Jager Booysen, Pediater by Life Healthcare Eugene Marais beantwoord die interessante vraag.
14 Jan 6AM 4 min

Toppresteeder van die 2025 Matriekklas: Abigail Kok

Die matriekklas van 2025 het geskiedenis gemaak met die hoogste slaagsyfer nóg in Suid-Afrika – en die slimme Abigail Kok van York High School in George, is as die algehele toppresteerder in openbare skole en ook die topkandidaat in fisiese wetenskap aangewys is. Sarina en Tanya het met haar gesels…
14 Jan 6AM 8 min

VERSKILMAKERS: Die Geskenkhuisie

Die Geskenkhuisie Kersmark was ‘n groot sukses en die besoekers aan die mark het die Gemeenskapsprojek vir 2025 met soveel liefde en mooi harte ondersteun. Hul het daarop gefokus om toiletware vir behoeftige bejaardes in te samel. Barbara van Rooyen van Die Geskenkhuisie het by Sarina kom draai om die…
8 Jan 5AM 12 min