Verstaan GNU ooit die rassewet reg?

Loading player...
Die Referendum-party het aan die minister van Binnelandse Sake, Leon Schreiber, geskryf en ʼn verduideliking gevra van sy opmerkings oor die wettigheid van rasseklassifikasie in Suid-Afrika. Schreiber het in ʼn inskrywing op X gesê daar bestaan geen wetlike grondslag wat enige persoon verplig om ʼn rasse-klassifiseerder te word nie. Die party se leier, Phil Craig, sê hulle is verheug oor die minister se benadering, maar wonder of ander in die regering van nasionale eenheid ook die wet so verstaan.
11 Dec 2025 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Duur ambassades oorbodig, sê ouddiplomaat

Die regering het 'n massiewe 952 miljoen Namibiese dollar, byna 70 persent van sy internasionale betrekkinge-begroting van 1,3 miljard dollar, aan diplomatieke sendings in die buiteland toegeken vir die 2026/2027-boekjaar. Terwyl die regering sê die befondsing is noodsaaklik om nasionale belange in 'n vinnig veranderende globale landskap te beskerm, bevraagteken…
2 Apr 11AM 1 min

Padveiligheid: Goeie begin vir Pase in SA

Die minister van vervoer, Barbara Creecy, sê daar was 'n afname in padongelukke en sterftes voor die besige Paasnaweek-reistydperk. Noodlottige ongelukke het met 16,7-persent gedaal, van 306 tot 255, en sterftes met 18,3-persent van 356 tot 291 in dieselfde tydperk verlede jaar. Dit word toegeskryf aan verskerpte wetstoepassing, insluitend meer…
2 Apr 11AM 1 min

'Gobabis dra las van politieke onrus'

Inwoners van Gobabis spreek toenemende frustrasie uit namate voortdurende politieke binnegevegte stabiele leierskap in die munisipaliteit vertraag. 'n Geskil oor die beëdiging van raadslede, gekoppel aan die "A Right to Shelter"-vereniging, het ingryping deur die minister van stedelike ontwikkeling, James Sankwasa, afgedwing. Terwyl geskille steeds voortduur, het gemeenskapsleier Wallace Finnies…
2 Apr 11AM 1 min

NNN se nuwe aanstellings laat wenkbroue lig

Reaksie word ontvang op die rits aanstellings van 8 adjunkministers, ‘n minister en presidensiële adviseur deur president Netumbo Nandi-Ndaitwah vanoggend. Adjunkministers het geen uitvoerende gesag nie en die aanstellings dra by tot die regering se loonrekening wat tans op meer as 40 miljard dollar staan. Kosmos 94.1 Nuus het met…
2 Apr 10AM 1 min

Skole in oorstroomde gebiede open dalk ná Paasnaweek

Weens die oorstromings in die Oshana-, Kavango-Oos-, en Zambezi-streke moes skole vir twee weke sluit. Die regering is hoopvol dat klasse ná Paasnaweek kan hervat. Die omvang van die skade moet ook nog bepaal word. Otto Knox Imbuwa, die adjunkuitvoerende direkteur in die onderwysministerie, het meer:
2 Apr 10AM 1 min