SAKP gekant teen afskaffing van dubbele lidmaatskap

Loading player...
Die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty waarsku hy sal enige poging om dubbele SAKP- en ANC-lidmaatskap af te skaf, teenstaan. Dit volg nadat die ANC se nasionale uitvoerende komitee dubbele lidmaatskap verwerp het omdat die SAKP onafhanklik aan verkiesings wil deelneem. SAKP-woordvoerder, Mbulelo Mandlana, sê enige poging om dubbele lidmaatskap te ondermyn sal die politieke raamwerk wat die nasionale hervormingsprojek bymekaar hou, fundamenteel verander:
11 Dec 2025 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

ANC 'oop' vir ander politieke maatjies

Adjunkpresident Paul Mashatile sê die ANC bly oop vir samewerking met politieke partye wat daartoe verbind is om Suid-Afrika te dien. Hy het ná 'n Goeie Vrydag-diens wat gister deur die Amandla Ngawethu Universal Church by Ellis Park-stadion in Johannesburg aangebied is, met die media gepraat. Mashatile het beklemtoon dat…
4 Apr 6AM 1 min

'Ons is almal één," sê Artemis se Glover uit ruimte

Die vier ruimtevaarders aan boord Artemis II het die halfpadmerk tussen die aarde en die maan bereik, het Nasa Vrydagaand bevestig. Dit is die eerste maanreis sedert Apollo 17 in 1972. Die Orion-ruimtevaartuig sal ongeveer 6 400 km verby die maan reis voordat dit terugkeer, wat ongeëwenaarde beeldmateriaal van die maan…
4 Apr 5AM 1 min

VN: Oorlog 'n 'akute' bedreiging vir vrede, veiligheid

Die Verenigde Nasies het die belangrikheid van die Golf-streek vir internasionale vrede en veiligheid en die noodsaaklike rol daarvan in die bestendigheid van die wêreldekonomie beklemtoon. Iran voer daagliks missiel- en hommeltuigaanvalle regoor die Midde-Ooste uit, insluitend Arabiese Golflande, sedert die VSA en Israel op 28 Februarie 'n oorlog teen…
4 Apr 4AM 1 min

Zambezi worstel met duisende malaria-gevalle

Die Zambezi-streek worstel met ’n toename in malaria-voorvalle ná onlangse oorstromings, met meer as 12 000 bevestigde gevalle. Die gesondheidsministerie prioritiseer kwesbare groepe, insluitend kinders onder vyf, jongmense onder 15, en swanger vroue. Slegs 2 000 muskietnette is versprei, terwyl minstens 15 000 nodig is, sê Zambezi se gesondheidsdirekteur, Woita…
4 Apr 3AM 1 min

Krieket: R15m vir opgraderings aan Nuweland, Bolandpark

Die Wes-Kaapse regering het 15 miljoen rand toegewys vir die opgradering van die Nuweland-krieketveld en Bolandpark in die Paarl voor die 2027-Krieketwêreldbekertoernooi vir mans. Ooreenkomste is met krieketinstansies onderteken om befondsing af te handel. Die LUR, Ricardo Mackenzie, sê die belegging sal 'n hupstoot wees vir die ekonomie en werksgeleenthede,…
4 Apr 2AM 1 min