Adjunkpresident Paul Mashatile sê die ANC bly oop vir samewerking met politieke partye wat daartoe verbind is om Suid-Afrika te dien. Hy het ná 'n Goeie Vrydag-diens wat gister deur die Amandla Ngawethu Universal Church by Ellis Park-stadion in Johannesburg aangebied is, met die media gepraat. Mashatile het beklemtoon dat…
Die vier ruimtevaarders aan boord Artemis II het die halfpadmerk tussen die aarde en die maan bereik, het Nasa Vrydagaand bevestig. Dit is die eerste maanreis sedert Apollo 17 in 1972. Die Orion-ruimtevaartuig sal ongeveer 6 400 km verby die maan reis voordat dit terugkeer, wat ongeëwenaarde beeldmateriaal van die maan…
Die Verenigde Nasies het die belangrikheid van die Golf-streek vir internasionale vrede en veiligheid en die noodsaaklike rol daarvan in die bestendigheid van die wêreldekonomie beklemtoon. Iran voer daagliks missiel- en hommeltuigaanvalle regoor die Midde-Ooste uit, insluitend Arabiese Golflande, sedert die VSA en Israel op 28 Februarie 'n oorlog teen…
Die Zambezi-streek worstel met ’n toename in malaria-voorvalle ná onlangse oorstromings, met meer as 12 000 bevestigde gevalle. Die gesondheidsministerie prioritiseer kwesbare groepe, insluitend kinders onder vyf, jongmense onder 15, en swanger vroue. Slegs 2 000 muskietnette is versprei, terwyl minstens 15 000 nodig is, sê Zambezi se gesondheidsdirekteur, Woita…
Die Wes-Kaapse regering het 15 miljoen rand toegewys vir die opgradering van die Nuweland-krieketveld en Bolandpark in die Paarl voor die 2027-Krieketwêreldbekertoernooi vir mans. Ooreenkomste is met krieketinstansies onderteken om befondsing af te handel. Die LUR, Ricardo Mackenzie, sê die belegging sal 'n hupstoot wees vir die ekonomie en werksgeleenthede,…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.