Moontlike storms en hael op pad

Loading player...
Namibiërs kan regmaak vir goeie reën in die komende dae, veral in die noordelike en noord-oostelike streke, Vrydag word daar swaar reën verwag, van die suide en suid-ooste tot oor die sentrale dele en die noorde. Stormagtige toestande en hael is 'n groot moontlikheid, soos die weerkenner Johan van den Berg verduidelik.
10 Dec 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Korrektiewe Diens spog met 153 nuwe lede

Die Namibiese Korrektiewe Diens het 153 nuwe personeellede in hul geledere verwelkom. Die lynminister, Lucia Iipumbu, sê die toevoegings sal help om die huidige personeeltekort, wat op 65 persent staan, te verminder. Sy het die opmerkings gemaak in Omaruru tydens die gradeplegtigheid vir leerlinge van die 9de Basiese Oriënteringsopleidingskursus.
11 Dec 10AM 1 min

DA verwelkom skoolveiligheidsplan

Die DA in die Wes-Kaap verwelkom die Onderwysdepartement se toewysing van meer as 5,2-miljoen Suid-Afrikaanse rand vir skoolveiligheid en -sekerheid tydens die Desember-vakansie. Woordvoerder Peter Johnson sê die belegging is 'n regstreekse reaksie op meer as 840 voorvalle van misdaad, opsetlike beskadiging en diefstal wat skole reg oor die provinsie…
11 Dec 10AM 1 min

Hewige donderstorms in sentrale dele, Erongo verwag

Onafhanklike meteoroloog Vilho Ndeunyema sê hewige donderstorms word vandag oor sentraal-Namibië, veral Otjiwarongo, en die noordoostelike dele van die Erongo-streek verwag. Inwoners word gemaan om paraat te bly vir oorstromings en kitsvloede.
11 Dec 9AM 1 min