Eskom en ferrochroom-makers vermy afleggings, Cosatu juig

Loading player...
Cosatu verwelkom die ooreenkoms tussen Eskom en die ferrochroom-vervaardigers, Samancor Chrome en die Glencore–Merafe Chrome Venture om afleggings te staak. Dit sou meer as sewe-duisend werkgeleenthede van hierdie maand af in gedrang bring. Volgens die ooreenkoms word ʼn taakspan aangestel om langtermyn-ingrypings te ontwikkel om mededingendheid in nywerhede te ondersteun sonder om bykomende kostes op ander elektrisiteitsverbruikers af te skuif. Cosatu-woordvoerder Matthew Parks sê hulle kan nie toesien dat selfs een werker afgedank word terwyl die werkloosheidsyfer reeds 42,4-persent is nie:
10 Dec 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Korrektiewe Diens spog met 153 nuwe lede

Die Namibiese Korrektiewe Diens het 153 nuwe personeellede in hul geledere verwelkom. Die lynminister, Lucia Iipumbu, sê die toevoegings sal help om die huidige personeeltekort, wat op 65 persent staan, te verminder. Sy het die opmerkings gemaak in Omaruru tydens die gradeplegtigheid vir leerlinge van die 9de Basiese Oriënteringsopleidingskursus.
11 Dec 10AM 1 min

DA verwelkom skoolveiligheidsplan

Die DA in die Wes-Kaap verwelkom die Onderwysdepartement se toewysing van meer as 5,2-miljoen Suid-Afrikaanse rand vir skoolveiligheid en -sekerheid tydens die Desember-vakansie. Woordvoerder Peter Johnson sê die belegging is 'n regstreekse reaksie op meer as 840 voorvalle van misdaad, opsetlike beskadiging en diefstal wat skole reg oor die provinsie…
11 Dec 10AM 1 min

Hewige donderstorms in sentrale dele, Erongo verwag

Onafhanklike meteoroloog Vilho Ndeunyema sê hewige donderstorms word vandag oor sentraal-Namibië, veral Otjiwarongo, en die noordoostelike dele van die Erongo-streek verwag. Inwoners word gemaan om paraat te bly vir oorstromings en kitsvloede.
11 Dec 9AM 1 min