Namibiërs kan regmaak vir goeie reën in die komende dae, veral in die noordelike en noord-oostelike streke, Vrydag word daar swaar reën verwag, van die suide en suid-ooste tot oor die sentrale dele en die noorde. Stormagtige toestande en hael is 'n groot moontlikheid, soos die weerkenner Johan van den…
Cosatu verwelkom die ooreenkoms tussen Eskom en die ferrochroom-vervaardigers, Samancor Chrome en die Glencore–Merafe Chrome Venture om afleggings te staak. Dit sou meer as sewe-duisend werkgeleenthede van hierdie maand af in gedrang bring. Volgens die ooreenkoms word ʼn taakspan aangestel om langtermyn-ingrypings te ontwikkel om mededingendheid in nywerhede te ondersteun…
Slegs voorgraadse studente aan openbare en private tersiêre instellings, insluitend tegniese en beroepsopleiding, kwalifiseer vir gesubsidieerde onderwys. Dit beteken dat registrasiegelde en klasgelde deur die regering gedek sal word. Ander geskiktheidskriteria sal geïdentifiseer en toegepas word vir befondsing van nagraadse studies, terwyl 'n nasionale prioriteitslys van studies ontwikkel word om…
Die DA eis die volledige instelling van die 2015-verdedigingshersiening wat ʼn oproep is vir volgehoue en veelvlakkige militêre gesondheidsorg. Dit volg na berigte dat slegs 27-persent van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag gesond genoeg is om ontplooi te word, terwyl die gesondheidstatus van 36-persent van soldate onbekend is. Chris Hattingh van…
Vandag is Vrouedag en Kosmos 94.1 Nuus vier vroue saam met die res van die land. Die nuusspan het met Karmen Mynhardt van Pupkewitz Nissan Swakopmund gepraat, wat as 'n verkoopsvrou werk. Mynhardt is al 17 jaar lank in die bedryf en deel haar boodskap aan alle vroue.
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.