Digitale verslawing het 'n groter impak op jou kinders as wat jy dink

Loading player...
Dr. Anke de Beer is 'n gerespekteerde spreker, navorser, konsultant en skrywer oor die dringende kwessies van tegnologie en die verwoestende gevolge daarvan vir die mensdom. Sy gebruik haar uitgebreide akademiese kennis en ervaring in die beradingskamer om mense bewus te maak van die gevare van tegnologie en sy lei hulle in die gebruik van digitale media. Sy het saam met skoolorganisasies, kerke en wetstoepassing gewerk. Dr. de Beer het 'n tweede PhD in Interdissiplinêre studies voltooi en is in 2024 as Medeprofessor in Christelike Berading aangestel. Sy bedryf 'n privaat beradingspraktyk en beraad ouers, leiers, pastore, onderwysers en jongmense landwyd terwyl sy haar navorsing en skryfwerk voortsit. Die onderwerp van digitale verslawing is haar passie en die fokus van haar navorsing en bediening.

Dr Anke de Beer sluit aan by Pulane Nel-Sekepe om oor hierdie "Digitale Dilemma" te gesels.
8 Dec 2025 English South Africa Health & Fitness · Health & Fitness

Other recent episodes

Die Goed en die Sleg van 'n Ketogeniese dieet

Die ketogeniese dieet het die afgelope paar jaar baie aandag gekry, maar daar is meer aan hierdie hoëvet-, laekoolhidraatbenadering as net ’n gewilde dieetneiging. Op Wellness Wednesday gesels Will van der Merwe, dieetkundige, met Pulane Nel-Sekepe oor die ketogeniese dieet, wat dit behels, asook die moontlike voordele en nadele daarvan…
7 Oct 12 min

Fisioterapie vir kinders met gestremdhede of ontwikkelingsagterstande

Pulane Nel-Sekepe gesels met Nicolene Fourie, 'n pediatriese neurofisioterapeut by Martie du Plessis-skool. Nicolene verduidelik vir ons die belangrikheid van fisioterapie vir kinders met gestremdhede of ontwikkelingsagterstande, en praat oor die voordele as mens vroeg begin terwyl die kind se brein nog baie neuroplasties is. Nicolene beklemtoon ook die volgende:…
5 Aug 12 min

Om te 'Vegan' of nie... het jy al die nodige inligting?

Pulane Nel-Sekepe, wat self 'n paar jaar gelede 'n 'vegan' was, gesels met Will van der Merwe, kliniese dieetkundige van Bloemfontein, oor die moets en moenies van 'n 'vegan' dieet. Hulle bespreek alles wat jy moet weet, asook waarna jy spesifiek moet oplet. Onderweg leer ons interessante feite – nie…
4 Aug 9 min

Hoe lyk jou gebalanseerde bord kos?

Kliniese Dieetkundige Will van der Merwe kom leer ons vandag weer meer oor gesond eet. Hy gesels met Pulane Nel-Sekepe oor hoe 'n gebalanseerde bord kos moet lyk, en hoekom.
3 Aug 13 min