Mediterreense Dieet - is dit dalk die leefstyl vir jou?
Loading player...
Kliniese dieetkundige Will van der Merwe sluit sy reeks oor gesonde eetgewoontes en verskillende diëte saam met Pulane Nel-Sekepe af met wat hy as sy gunsteling van almal beskryf – die Mediterreense dieet. Of, soos hy dit eerder beskou, die Mediterreense leefstyl.
Volgens Will is dit een van die beste eet- en leefstyle wat ons as mense kan volg. Hy beklemtoon egter dat dit nie bloot oor ’n dieet gaan nie, maar oor ’n manier van leef wat jy op die lang termyn kan volhou.
Die Mediterreense leefstyl gaan immers nie net oor wat op jou bord beland nie, maar ook oor hoe jy eet. Dit sluit ’n gebalanseerde eetpatroon, gereelde fisieke aktiwiteit en die sosiale aspek van kos in. Om saam met familie en vriende te eet, tyd te maak vir maaltye en die ervaring te geniet, is alles deel van hierdie leefstyl.
Will bespreek die verskeie gesondheidsvoordele wat daarmee gepaardgaan, met besondere klem op die positiewe uitwerking wat die Mediterreense eetpatroon op kardiovaskulêre gesondheid kan hê. Dit is ’n leefstyl wat nie net op gewigsverlies fokus nie, maar eerder op algehele gesondheid en welstand.
Sy boodskap is duidelik: Moenie jou lewe lank van die een kitsdieet na die volgende spring nie. Maak eerder ’n doelbewuste keuse om jou eetgewoontes te verander op ’n manier wat jy vir die res van jou lewe kan volhou.
Want gesond eet behoort nie ’n tydelike uitdaging te wees nie, maar ’n leefstyl wat jou help om oor die lang termyn gesond, energiek en gelukkig te wees.