
Sluipmoord op Madlanga-getuie 'onaanvaarbaar', sê Ramaphosa
Loading player...
President Cyril Ramaphosa vra vir 'n spoedige ondersoek en sterker getuiebeskermingsmaatreëls na die moord op Marius van der Merwe, bekend as Getuie D by die Madlanga-kommissie. Die 41-jarige is Vrydagaand verskeie kere voor sy gesin buite hul huis in Brakpan in Ekurhuleni geskiet. Ramaphosa sê Van der Merwe het die saak van geregtigheid en integriteit gedien deur by die kommissie te getuig. Die president sê die regering is verpletter deur sy moord:

