Studie onthul omvang van korrupsie in SA

Loading player...
Die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing sê dit is uiters belangrik om 'n kultuur van zero-toleransie teenoor korrupsie te bevorder om 'n regverdige en onpartydige Suid-Afrika tot stand te kan bring. Die raad het die uitslae van sy navorsingsprojek, Korrupsie en Gedragsverandering: Opsporing van Maatskaplike Norme en Waardes in Suid-Afrika, vrygestel. Die studie toon die omvang van korrupsie in die land. Steven Gordon van die raad sê baie mense het gesê hulle woon in gemeenskappe waar staatsamptenare by omkopery, nepotisme en seksuele afpersing betrokke is:
5 Dec 2025 7AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Hupstoot vir Unam Cares op Schlip

Swavet Animal Health het die operasionalisering van die One Health-benadering versterk deur 'n tydige skenking van noodsaaklike veeartsenykundige voorrade, wat 'n suksesvolle Unam Cares-intervensie in die Schlip-nedersetting in die Hardap-streek ondersteun. Kosmos 94.1 Nuus het met professor Rachel Freeman van Unam Cares gepraat wat sê die inisiatief het hondsdolheid-entstowwe, ontwurmingstablette…
10 May 5AM 1 min

Jongste navorsing werp nuwe lig op Alzheimer

Daar word geglo dat Alzheimer se siekte veroorsaak word deur die opbou van amiloïedplaak in die brein, maar pogings dit te verminder, keer nie kognitiewe agteruitgang om nie, wat sommige laat wonder of iets anders aan die gang is. Die jongste navorsing fokus op die mutasie van 'n geen wat…
10 May 5AM 1 min

Greenback steeds veilige hawe in geldmark

Geopolitiese spanning en Amerikaanse sanksies het Rusland en China gedryf om meesal Chinese yuan en Russiese roebels in hulle bilaterale handel te gebruik, in plaas van die Amerikaanse dollar en die euro. Die dollar behou egter sy posisie as die primêre internasionale veilige hawe-geldeenheid. Kosmos 94.1 Nuus het met Suid…
10 May 3AM 1 min

Dis jagtyd! Seisoen amptelik oop

Die 2026-jagseisoen is amptelik oop, met boere, bewaringsgebiede en jagters wat nou voorberei vir die Mei-tot-Augustus-periode onder streng wildkwotas en permitreëls. Kosmos 94.1 Nuus het met Kristin Maritz van die Namibiese Professionele Jagtersvereniging gesels vir meer.
10 May 2AM 1 min

Sam !Khubis inspirasie vir almal, sê NNN

President Netumbo Nandi-Ndaitwah sê Namibiërs moet inspirasie te put uit die veerkragtigheid van die Basters tydens die Slag van Sam !Khubis naby Rehoboth. In ‘n toespraak wat namens haar deur visepresident Lucia Witbooi tydens die 111de herdenking van dié slag gelewer is, het Nandi-Ndaitwah beklemtoon dat die moed wat by…
10 May 1AM 1 min