Ongeredigeerde video van tweede bootaanval wek kommer in VSA

Loading player...
Die Amerikaanse Demokratiese kongreslid Jim Himes het 'n ongeredigeerde video van 'n opspraakwekkende tweede militêre aanval op 'n vermeende dwelmboot wat twee oorlewendes doodgemaak het, beskryf as een van die mees kommerwekkende tonele wat hy in sy staatsdiens-loopbaan gesien het. Dit kom na admiraal Frank Bradley van die Amerikaanse vloot geklassifiseerde inligtingsessies aan top kongreswetgewers gelewer het. Intussen eis menseregte-voorstanders en beleidskenners die video se openbare vrystelling. Luister na Himes.
4 Dec 10PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Ekonomiese transformasie is morele noodsaaklikheid vir SA

Handelminister Parks Tau het herbevestig dat Suid-Afrika se ekonomiese hervorming 'n grondwetlike en morele noodsaaklikheid is. Hy sê die voorgestelde Transformasiefonds is 'n sleutelinstrument wat gemik is op die verskuiwing van die ekonomie na groter inklusiwiteit. Tau waarsku dat stadige vordering, nie-nakoming en die vorming van frontmaatskappye pogings ondermyn om…
4 Dec 10PM 1 min

Grond-taakspan 'sal hopelik met tradisionele owerhede skakel'

Reaksie word steeds ontvang oor die taakspanne wat aangewys is oor gesondheid, grond en behuising, en ekonomiese herstel. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Alex Meroro van die Ovaherero Tradisionele Owerheid oor die grond- en behuising taakspan.
4 Dec 10AM 1 min

Mkhwanazi erken hy het geld van 'Cat' Matlala ontvang

Die geskorste adjunkhoof van Ekurhuleni se Metropolisie, Julius Mkhwanazi, het aan die Madlanga-kommissie erken dat hy geld van die omstrede sakeman Vusimuzi “Cat” Matlala ontvang het en beskryf hul verhouding as baie na aan mekaar, soos broers. 'n Getuienisleier, Mahlape Sello, het gevra of Mkhwanazi persoonlik of deur Matlala se…
4 Dec 10AM 1 min