Vrae ontstaan oor Nsfas-beurs aan 70-jarige

Loading player...
Die onderwysaktivis Hendrick Makaneta doen ʼn beroep op die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente om te verduidelik hoe hy die beginsels van lewenslange leer balanseer met die maatskaplik-ekonomiese noodsaaklikheid om die jeug te ondersteun. Die skema word gekritiseer omdat hy ʼn beurs aan ʼn 70-jarige student toegestaan het. Altesaam 612 mense wat by die skema aansoek gedoen het vir finansiële hulp in 2026, is 50 jaar en ouer. Makaneta sê die land skuld jong skoolverlaters alle beskikbare befondsingsgeleenthede:
4 Dec 7AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Ekonomiese transformasie is morele noodsaaklikheid vir SA

Handelminister Parks Tau het herbevestig dat Suid-Afrika se ekonomiese hervorming 'n grondwetlike en morele noodsaaklikheid is. Hy sê die voorgestelde Transformasiefonds is 'n sleutelinstrument wat gemik is op die verskuiwing van die ekonomie na groter inklusiwiteit. Tau waarsku dat stadige vordering, nie-nakoming en die vorming van frontmaatskappye pogings ondermyn om…
4 Dec 10PM 1 min

Ongeredigeerde video van tweede bootaanval wek kommer in VSA

Die Amerikaanse Demokratiese kongreslid Jim Himes het 'n ongeredigeerde video van 'n opspraakwekkende tweede militêre aanval op 'n vermeende dwelmboot wat twee oorlewendes doodgemaak het, beskryf as een van die mees kommerwekkende tonele wat hy in sy staatsdiens-loopbaan gesien het. Dit kom na admiraal Frank Bradley van die Amerikaanse vloot…
4 Dec 10PM 1 min

Grond-taakspan 'sal hopelik met tradisionele owerhede skakel'

Reaksie word steeds ontvang oor die taakspanne wat aangewys is oor gesondheid, grond en behuising, en ekonomiese herstel. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Alex Meroro van die Ovaherero Tradisionele Owerheid oor die grond- en behuising taakspan.
4 Dec 10AM 1 min