Vrae ontstaan oor Nsfas-beurs aan 70-jarige

Loading player...
Die onderwysaktivis Hendrick Makaneta doen ʼn beroep op die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente om te verduidelik hoe hy die beginsels van lewenslange leer balanseer met die maatskaplik-ekonomiese noodsaaklikheid om die jeug te ondersteun. Die skema word gekritiseer omdat hy ʼn beurs aan ʼn 70-jarige student toegestaan het. Altesaam 612 mense wat by die skema aansoek gedoen het vir finansiële hulp in 2026, is 50 jaar en ouer. Makaneta sê die land skuld jong skoolverlaters alle beskikbare befondsingsgeleenthede:
4 Dec 2025 7AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Hupstoot vir Unam Cares op Schlip

Swavet Animal Health het die operasionalisering van die One Health-benadering versterk deur 'n tydige skenking van noodsaaklike veeartsenykundige voorrade, wat 'n suksesvolle Unam Cares-intervensie in die Schlip-nedersetting in die Hardap-streek ondersteun. Kosmos 94.1 Nuus het met professor Rachel Freeman van Unam Cares gepraat wat sê die inisiatief het hondsdolheid-entstowwe, ontwurmingstablette…
10 May 5AM 1 min

Jongste navorsing werp nuwe lig op Alzheimer

Daar word geglo dat Alzheimer se siekte veroorsaak word deur die opbou van amiloïedplaak in die brein, maar pogings dit te verminder, keer nie kognitiewe agteruitgang om nie, wat sommige laat wonder of iets anders aan die gang is. Die jongste navorsing fokus op die mutasie van 'n geen wat…
10 May 5AM 1 min

Greenback steeds veilige hawe in geldmark

Geopolitiese spanning en Amerikaanse sanksies het Rusland en China gedryf om meesal Chinese yuan en Russiese roebels in hulle bilaterale handel te gebruik, in plaas van die Amerikaanse dollar en die euro. Die dollar behou egter sy posisie as die primêre internasionale veilige hawe-geldeenheid. Kosmos 94.1 Nuus het met Suid…
10 May 3AM 1 min

Dis jagtyd! Seisoen amptelik oop

Die 2026-jagseisoen is amptelik oop, met boere, bewaringsgebiede en jagters wat nou voorberei vir die Mei-tot-Augustus-periode onder streng wildkwotas en permitreëls. Kosmos 94.1 Nuus het met Kristin Maritz van die Namibiese Professionele Jagtersvereniging gesels vir meer.
10 May 2AM 1 min

Sam !Khubis inspirasie vir almal, sê NNN

President Netumbo Nandi-Ndaitwah sê Namibiërs moet inspirasie te put uit die veerkragtigheid van die Basters tydens die Slag van Sam !Khubis naby Rehoboth. In ‘n toespraak wat namens haar deur visepresident Lucia Witbooi tydens die 111de herdenking van dié slag gelewer is, het Nandi-Ndaitwah beklemtoon dat die moed wat by…
10 May 1AM 1 min