EU wil alle Russiese olie staak teen 2027

Loading player...
Die Europese Unie wil alle invoere van Russiese olie teen die einde van 2027 uitfaseer. Sedert Moskou se volskaalse inval in Oekraïne in Februarie 2022, het Europa sy afhanklikheid van die wêreld se derde grootste olieprodusent drasties verminder. Amerika het ook sanksies ingestel teen Rusland se twee grootste olieprodusente, Lukoil en Rosneft. Die Europese Kommissie se president, Ursula von der Leyen, sê deur Rusland se energie-uitvoere te beperk, het Moskou se inkomste om die oorlog teen Oekraïne te finansier, drasties gedaal:
4 Dec 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Ekonomiese transformasie is morele noodsaaklikheid vir SA

Handelminister Parks Tau het herbevestig dat Suid-Afrika se ekonomiese hervorming 'n grondwetlike en morele noodsaaklikheid is. Hy sê die voorgestelde Transformasiefonds is 'n sleutelinstrument wat gemik is op die verskuiwing van die ekonomie na groter inklusiwiteit. Tau waarsku dat stadige vordering, nie-nakoming en die vorming van frontmaatskappye pogings ondermyn om…
4 Dec 10PM 1 min

Ongeredigeerde video van tweede bootaanval wek kommer in VSA

Die Amerikaanse Demokratiese kongreslid Jim Himes het 'n ongeredigeerde video van 'n opspraakwekkende tweede militêre aanval op 'n vermeende dwelmboot wat twee oorlewendes doodgemaak het, beskryf as een van die mees kommerwekkende tonele wat hy in sy staatsdiens-loopbaan gesien het. Dit kom na admiraal Frank Bradley van die Amerikaanse vloot…
4 Dec 10PM 1 min

Grond-taakspan 'sal hopelik met tradisionele owerhede skakel'

Reaksie word steeds ontvang oor die taakspanne wat aangewys is oor gesondheid, grond en behuising, en ekonomiese herstel. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Alex Meroro van die Ovaherero Tradisionele Owerheid oor die grond- en behuising taakspan.
4 Dec 10AM 1 min