Landbou grootste bedreiging vir biodiversiteit

Loading player...
'n Nuwe studie toon dat Afrika Suid van die Sahara byna 'n kwart van sy biodiversiteit verloor het, met groot soogdiere wat die ergste geraak word. 'n Navorser aan die Universiteit Stellenbosch, Hayley Clements, sê beskermde gebiede bly noodsaaklik, maar meer as 80-persent van wildspesies leef in landbougebiede. Sy sê die studie bewys die uitbreiding van landbougrond en intensiewe veeboerdery as sleutelbedreigings, met die klem op volhoubare landskapbestuur en positiewe biodiversiteitsboerdery wat ekosisteme en lewensbestaan kan ondersteun:
4 Dec 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Ekonomiese transformasie is morele noodsaaklikheid vir SA

Handelminister Parks Tau het herbevestig dat Suid-Afrika se ekonomiese hervorming 'n grondwetlike en morele noodsaaklikheid is. Hy sê die voorgestelde Transformasiefonds is 'n sleutelinstrument wat gemik is op die verskuiwing van die ekonomie na groter inklusiwiteit. Tau waarsku dat stadige vordering, nie-nakoming en die vorming van frontmaatskappye pogings ondermyn om…
4 Dec 10PM 1 min

Ongeredigeerde video van tweede bootaanval wek kommer in VSA

Die Amerikaanse Demokratiese kongreslid Jim Himes het 'n ongeredigeerde video van 'n opspraakwekkende tweede militêre aanval op 'n vermeende dwelmboot wat twee oorlewendes doodgemaak het, beskryf as een van die mees kommerwekkende tonele wat hy in sy staatsdiens-loopbaan gesien het. Dit kom na admiraal Frank Bradley van die Amerikaanse vloot…
4 Dec 10PM 1 min

Grond-taakspan 'sal hopelik met tradisionele owerhede skakel'

Reaksie word steeds ontvang oor die taakspanne wat aangewys is oor gesondheid, grond en behuising, en ekonomiese herstel. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Alex Meroro van die Ovaherero Tradisionele Owerheid oor die grond- en behuising taakspan.
4 Dec 10AM 1 min