BOSA boos oor voortgesette 30% slaagsyfer

Loading player...
Build One South Africa kritiseer politieke partye wat teen die verhoging van die skoolslaagsyfer tot 50-persent gestem het. Die mosie, wat BOSA by die Parlement ingedien het, is deur die ANC, DA, Vryheidsfront Plus en die Patriotic Alliance teengestaan. Die party se leier, Mmusi Maimane, sê die regering moet fokus op die ondersteuning van onderwysers en die verbetering van onderwys, eerder as om lae akademiese standaarde te handhaaf:
3 Dec 10PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Ekonomiese transformasie is morele noodsaaklikheid vir SA

Handelminister Parks Tau het herbevestig dat Suid-Afrika se ekonomiese hervorming 'n grondwetlike en morele noodsaaklikheid is. Hy sê die voorgestelde Transformasiefonds is 'n sleutelinstrument wat gemik is op die verskuiwing van die ekonomie na groter inklusiwiteit. Tau waarsku dat stadige vordering, nie-nakoming en die vorming van frontmaatskappye pogings ondermyn om…
4 Dec 10PM 1 min

Ongeredigeerde video van tweede bootaanval wek kommer in VSA

Die Amerikaanse Demokratiese kongreslid Jim Himes het 'n ongeredigeerde video van 'n opspraakwekkende tweede militêre aanval op 'n vermeende dwelmboot wat twee oorlewendes doodgemaak het, beskryf as een van die mees kommerwekkende tonele wat hy in sy staatsdiens-loopbaan gesien het. Dit kom na admiraal Frank Bradley van die Amerikaanse vloot…
4 Dec 10PM 1 min

Grond-taakspan 'sal hopelik met tradisionele owerhede skakel'

Reaksie word steeds ontvang oor die taakspanne wat aangewys is oor gesondheid, grond en behuising, en ekonomiese herstel. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Alex Meroro van die Ovaherero Tradisionele Owerheid oor die grond- en behuising taakspan.
4 Dec 10AM 1 min