Kavango-Wes 1X eksplorasieput lewer opwindende resultate

Loading player...
Namcor het uiters suksesvolle uitslae aangekondig na boorwerk op die Kavango-Wes 1X eksplorasieput in PEL 73 afgehandel is. ReconAfrica, die operateur van PEL 73, het booroperasies op 29 November voltooi en 'n totale diepte van 4 200 meter bereik. Aansienlike koolwaterstowwe is bevestig, en 'n produksietoets om die vloeitempo en reservoirprestasie te bepaal sal vroeg volgende jaar gedoen word. Namcor woordvoerder Paulo Coelho het meer:
3 Dec 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Ekonomiese transformasie is morele noodsaaklikheid vir SA

Handelminister Parks Tau het herbevestig dat Suid-Afrika se ekonomiese hervorming 'n grondwetlike en morele noodsaaklikheid is. Hy sê die voorgestelde Transformasiefonds is 'n sleutelinstrument wat gemik is op die verskuiwing van die ekonomie na groter inklusiwiteit. Tau waarsku dat stadige vordering, nie-nakoming en die vorming van frontmaatskappye pogings ondermyn om…
4 Dec 10PM 1 min

Ongeredigeerde video van tweede bootaanval wek kommer in VSA

Die Amerikaanse Demokratiese kongreslid Jim Himes het 'n ongeredigeerde video van 'n opspraakwekkende tweede militêre aanval op 'n vermeende dwelmboot wat twee oorlewendes doodgemaak het, beskryf as een van die mees kommerwekkende tonele wat hy in sy staatsdiens-loopbaan gesien het. Dit kom na admiraal Frank Bradley van die Amerikaanse vloot…
4 Dec 10PM 1 min

Grond-taakspan 'sal hopelik met tradisionele owerhede skakel'

Reaksie word steeds ontvang oor die taakspanne wat aangewys is oor gesondheid, grond en behuising, en ekonomiese herstel. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Alex Meroro van die Ovaherero Tradisionele Owerheid oor die grond- en behuising taakspan.
4 Dec 10AM 1 min