Minister bekommerd oor graad-koop bewerings

Loading player...
Die minister van Hoër Onderwys, Buti Manamela, het ernstige kommer uitgespreek oor bewerings van 'n sindikaat wat grade verkoop by die Vaal Universiteit vir Tegnologie waarby buitelandse burgers betrokke is. Woordvoerder Matshepo Seedat kritiseer senior bestuur omdat hulle na bewering die optrede ten opsigte van verklikkers se bewyse langer as 'n jaar vertraag het. Sy sê Manamela het teen Vrydag 'n voorlopige verslag aangevra, wat administratiewe vertragings en gevolgbestuur uiteensit. Seedat sê die departement waarsku 'n strafregtelike ondersoek kan volg:
3 Dec 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Ekonomiese transformasie is morele noodsaaklikheid vir SA

Handelminister Parks Tau het herbevestig dat Suid-Afrika se ekonomiese hervorming 'n grondwetlike en morele noodsaaklikheid is. Hy sê die voorgestelde Transformasiefonds is 'n sleutelinstrument wat gemik is op die verskuiwing van die ekonomie na groter inklusiwiteit. Tau waarsku dat stadige vordering, nie-nakoming en die vorming van frontmaatskappye pogings ondermyn om…
4 Dec 10PM 1 min

Ongeredigeerde video van tweede bootaanval wek kommer in VSA

Die Amerikaanse Demokratiese kongreslid Jim Himes het 'n ongeredigeerde video van 'n opspraakwekkende tweede militêre aanval op 'n vermeende dwelmboot wat twee oorlewendes doodgemaak het, beskryf as een van die mees kommerwekkende tonele wat hy in sy staatsdiens-loopbaan gesien het. Dit kom na admiraal Frank Bradley van die Amerikaanse vloot…
4 Dec 10PM 1 min

Grond-taakspan 'sal hopelik met tradisionele owerhede skakel'

Reaksie word steeds ontvang oor die taakspanne wat aangewys is oor gesondheid, grond en behuising, en ekonomiese herstel. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Alex Meroro van die Ovaherero Tradisionele Owerheid oor die grond- en behuising taakspan.
4 Dec 10AM 1 min