Werkgewers moet beplan vir minimim-loon verhoging in 2026

Loading player...
Die arbeidsministerie herinner werkgewers om hul begrotings aan te pas vir die implementering van huishoudelike, sekuriteits- en landbouwerkers se loonverhoging. Die nasionale minimumloon is vasgestel op 18 Namibiese dollar per uur, maar vir werkers in hierdie drie kategorieë is die koers vasgestel om oor drie jaar in te faseer, met die koers van 18 dollar wat eers in 2027 in werking sal tree. Woordvoerder Maria Hedimbi het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
3 Dec 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Rand behaal onder 17 teen Amerikaanse dollar

Die Suid-Afrikaanse rand verhandel net onder 17 teen die Amerikaanse dollar en was laas in Januarie 2023 op die vlak. Die Amerikaanse geldeenheid het in die afgelope ses maande net minder as 5 persent van sy waarde verloor en toestande is gunstig in Suid-Afrika. Ekonoom Dawie Klopper sê die rand…
5 Dec 12AM 1 min

Reitan van Noorweë loop voor by Nedbank-gholfuitdaging

Kristoffer Reitan van Noorweë het ʼn eerste ronde van nege onder 63 aangeteken en loop voor by die Nedbank-gholfuitdaging in Noordwes. Hy is drie houe voor Marcus Armitage van Engeland, die Fransman Adrien Saddier en Jesper Svensson van Swede. Die Suid-Afrikaners, Garrick Higgo en Shaun Norris, het die eerste ronde…
5 Dec 12AM 1 min

NamPol doen 'n beroep vir padveiligheid oor vakansie

Met toenemende reise, sosiale byeenkomste en kommersiële aktiwiteite wat gedurende die feestyd verwag word, doen die Namibiese Polisie 'n beroep op padgebruikers om versigtig te wees op openbare paaie. Nampol-woordvoerder, adjunkkommissaris Kauna Shikwambi, vra motoriste om verhoogde waaksaamheid en verantwoordelikheid te toon.
4 Dec 11PM 1 min