Verwyderde Zoeloe-eerste minister heraangestel

Loading player...
Koning MisuZulu kaZwelithini het prins Thulasizwe Buthelezi weer as die Zoeloes se tradisionele eerste minister aangestel. Buthelezi, wat die huidige LUR vir Samewerkende Regering en Tradisionele Sake in KwaZulu-Natal is, is verlede jaar in Desember verwyder maar die koning het geen rede verskaf nie. Die koning se woordvoerder, prins Thulani Zulu, sê om Buthelezi te ondersteun, het die koning ook vir die eerste keer in Zoeloe-geskiedenis ʼn uitvoerende raad van vyf lede vir die eerste minister aangestel:
3 Dec 2025 7AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Krieket: 2027 Wêreldbeker kan miljoene in Namibië impomp

‘n Ontleding deur Vision Africa toon dat die onder-19 Mans Krieket Wêreldbeker wat in Januarie en Februarie in die hoofstad plaasgevind het ‘n totale ekonomiese impak van 380,77 miljoen Namibiese dollar gehad het. Die verwagting is dat die Krieketwêreldbeker wat geskeduleer is om in Oktober en November 2027 in Suid-Afrika,…
5 Apr 6AM 1 min

Ontwikkeling gedy op Aranos

Die gemeenskap in Aranos is opgewonde oor die nuwe ontwikkeling wat na die dorp kom. Van die baanbrekerswerk vir 'n splinternuwe sportfasiliteit tot die laaste dele van die N$1,2 miljard Gobabis-Aranos-pad, ondergaan die dorp 'n massiewe strukturele transformasie wat gemik is op werkskepping en streeksgroei. Kosmos 94.1 Nuus het met…
5 Apr 5AM 1 min

Itula onkant gevang deur NNN se nuwe adjunkministers

Die amptelike opposisie, die IPC, het kritiek gelewer teen president Netumbo Nandi-Ndaitwah se besluit om haar kabinet te vergroot deur 8 nuwe adjunkministers aan te stel. Kosmos 94.1 Nuus het met die IPC-president Panduleni Itula gesels, wat sê hy was onkant betrap deur Donderdag se aanstellings, veral omdat Nandi-Ndaitwah aanvanklik…
5 Apr 4AM 1 min

Phosa soek volkstemming van president

Die voormalige tesourier-generaal van die ANC, Mathews Phosa, doen 'n beroep op 'n hersiening van die Grondwet in 'n poging om Suid-Afrika se kiesstelsel te herstruktureer. Hy pleit vir die regstreekse verkiesing van die president deur middel van 'n volkstemming deur burgers eerder as die huidige stelsel, waar die president…
5 Apr 3AM 1 min

Artemis II beleef donker kant van maan

Artemis II-ruimtevaarders aan boord van Orion het reeds tweederdes van hul reis na die maan voltooi, met ’n maanverbyvlug wat vir môre geskeduleer is. Teen bykans 3 300 km per uur, is die bemanning tans meer as 304 kilometer van die aarde af, met nog sowat 149 000 kilometer oor…
5 Apr 2AM 1 min