Navo sê oor Oekraïne se lidmaatskap

Loading player...
Die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie se sekretaris-generaal, Mark Rutte, sê Oekraïne bly op koers om by die wêreld se grootste veiligheidsalliansie aan te sluit, maar daar is tans geen eenstemmigheid oor die saak nie. Amerika se 28-punt-vredesplan stel voor dat Navo nie verder uitbrei nie. Rusland eis dit lankal, asook dat Oekraïne nie tot die alliansie toegelaat word nie. Rutte sê voor Oekraïne as lid aanvaar word, moet al 32 bondgenote eenparig saamstem:
3 Dec 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

NamPol doen 'n beroep vir padveiligheid oor vakansie

Met toenemende reise, sosiale byeenkomste en kommersiële aktiwiteite wat gedurende die feestyd verwag word, doen die Namibiese Polisie 'n beroep op padgebruikers om versigtig te wees op openbare paaie. Nampol-woordvoerder, adjunkkommissaris Kauna Shikwambi, vra motoriste om verhoogde waaksaamheid en verantwoordelikheid te toon.
4 Dec 11PM 1 min

Veesiektes: De Jager sê Namibië moet ligloop om nie soos SA op te eindig nie

Die Katalonië-streek in Spanje het die land se eerste uitbreking van Afrika-varkpes sedert 1994 aangekondig. Volgens die landbouministerie het Namibië egter niks om oor bekommerd te wees nie. Maar Theo de Jager van Saai is van mening dat die probleem verder strek as net Spanje. De Jager het met Kosmos…
4 Dec 11PM 1 min

Toerismesyfers: Aankomelinge moet onderskei word

Reaksie kom in oor die toerismesektor se merkwaardige herstel en veerkragtigheid na die pandemie. Besoekersgetalle het in 2024 met 45 persent gestyg vanaf 2023, wat neerkom op 1,25 meer besoekers. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Gitta Paetzold, die uitvoerende hoof van die Gasvryheidsvereniging.
4 Dec 11PM 1 min

Ekonomiese transformasie is morele noodsaaklikheid vir SA

Handelminister Parks Tau het herbevestig dat Suid-Afrika se ekonomiese hervorming 'n grondwetlike en morele noodsaaklikheid is. Hy sê die voorgestelde Transformasiefonds is 'n sleutelinstrument wat gemik is op die verskuiwing van die ekonomie na groter inklusiwiteit. Tau waarsku dat stadige vordering, nie-nakoming en die vorming van frontmaatskappye pogings ondermyn om…
4 Dec 10PM 1 min