DStv verloor moontlik 10 Warner-kanale

Loading player...
DStv-intekenare kan van volgende maand 10 van Warner Brothers Discovery se kanale verloor. Dit sluit in CNN International, Cartoon Network, TLC, en Food Network. Multichoice sê sy ooreenkoms met Warner Brothers Discovery verstryk die einde van die maand en 'n nuwe ooreenkoms is nog nie bereik nie. Multichoice gaan alternatiewe inhoud aanbied terwyl die moedermaatskappy, Canal-plus Africa, die afgelope jaar 'n verlies van 1,2-miljoen intekenare aangemeld het. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Roger Gertze, besturende direkteur van MultiChoice Namibië.
3 Dec 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Rand behaal onder 17 teen Amerikaanse dollar

Die Suid-Afrikaanse rand verhandel net onder 17 teen die Amerikaanse dollar en was laas in Januarie 2023 op die vlak. Die Amerikaanse geldeenheid het in die afgelope ses maande net minder as 5 persent van sy waarde verloor en toestande is gunstig in Suid-Afrika. Ekonoom Dawie Klopper sê die rand…
5 Dec 12AM 1 min

Reitan van Noorweë loop voor by Nedbank-gholfuitdaging

Kristoffer Reitan van Noorweë het ʼn eerste ronde van nege onder 63 aangeteken en loop voor by die Nedbank-gholfuitdaging in Noordwes. Hy is drie houe voor Marcus Armitage van Engeland, die Fransman Adrien Saddier en Jesper Svensson van Swede. Die Suid-Afrikaners, Garrick Higgo en Shaun Norris, het die eerste ronde…
5 Dec 12AM 1 min

NamPol doen 'n beroep vir padveiligheid oor vakansie

Met toenemende reise, sosiale byeenkomste en kommersiële aktiwiteite wat gedurende die feestyd verwag word, doen die Namibiese Polisie 'n beroep op padgebruikers om versigtig te wees op openbare paaie. Nampol-woordvoerder, adjunkkommissaris Kauna Shikwambi, vra motoriste om verhoogde waaksaamheid en verantwoordelikheid te toon.
4 Dec 11PM 1 min