Taakspan vir politieke moorde was nie permanent vir SAPD nie

Loading player...
Die geskorste minister van Polisie, Senzo Mchunu sê die taakspan vir politieke moorde was nooit 'n permanente eenheid binne die Suid-Afrikaanse Polisiediens nie. Mchunu, wat tans met spesiale verlof is, het gister voor die Madlanga-kommissie in Pretoria verskyn en sal Donderdag sy getuienis voortsit. Mchunu het aan die kommissie gesê dit het hom vyf maande geneem om die departement ten volle te verstaan voordat hy in Desember verlede jaar ingrypende stappe gedoen het om die taakspan te ontbind:
3 Dec 2025 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Reën belemmer oesbedrywighede by Kalimbeza

Boere by die Kalimbeza-rysplaas naby Katima Mulilo maak gereed vir wat 'n deurbraak-oes oor net twee weke kan wees, volgens plaasbestuurder Patrick Kompeli. Die staatsbeheerde projek het die seisoen gevorder ondanks volgehoue uitdagings in die Zambezi-streek. Kompeli sê nat toestande wat veroorsaak word deur voortdurende reënval is nou die plaas…
18 Jan 10PM 1 min

SA wil saam met Namibië, Botswana Afcon 2028 aanbied

Die minister van sport, kuns en kultuur, Gayton McKenzie, sê Suid-Afrika gaan ʼn bod indien om die 2028 Afrikabekertoernooi aan te bied, en Namibië en Botswana as medegashere uitnooi. Hy het aan SABC Sport in Marokko gesê die bod ondersteun die regering se pogings om groot internasionale geleenthede te lok…
18 Jan 10PM 1 min

Regering krap kop oor grondvergrype

Die ministerie van landbou en grondhervorming het kommer uitgespreek oor 'n skerp toename in grondgrypery, onwettige heinings en onwettige grondtoekennings, en waarsku dat gemeenskaplike grond regoor die land onder toenemende bedreiging verkeer. Terwyl die parlement die nuwe Grondwetsontwerp debatteer wat daarop gemik is om strenger strafmaatreëls in te stel, doen…
18 Jan 5AM 1 min

Eskom-krisis 'n politieke slenter, sê Mbeki

Oudpresident Thabo Mbeki sê die Eskom-kragkrisis van 2008 was opsetlike politieke inmenging en nie meganies nie. Mbeki het in Bloemfontein gesê Eskom is gedwing om ʼn noodtoestand te verklaar en steenkool sonder tenderprosesse aan te koop, wat pryse oornag verdubbel het. Hy haal aan uit ʼn 2017-verslag deur die Spesiale…
18 Jan 5AM 1 min

Flink optrede voorkom erge vloedskade in Kruger-wildtuin

Die minister van bosbou, vissery en die omgewing, Willie Aucamp, het SANParks geprys vir sy proaktiewe beplanning en vinnige reaksie op oorstromings in die Kruger-wildtuin. Aucamp het bevestig dat daar geen beserings of sterftes was nie. Swaar reënval oor die afgelope weke het gelei tot oorstroomde riviere, padsluitings en voorsorg-ontruimings…
18 Jan 3AM 1 min