Kenner sê oor koalisies wat in 24 owerhede gestig moet word

Loading player...
In 24 plaaslike owerhede het geen politieke party 'n volstrekte meerderheid gekry in die verkiesings nie, en koalisie-groeperings is hul voorland. Dit sluit in Swakopmund, Keetmanshoop, Tsumeb, Grootfontein, Ondangwa en Gobabis. In Windhoek het Swapo 'n volstrekte meerderheid gekry, na 'n paar jaar van koalisie-rade wat soms beskryf is as die rede vir ondoeltreffende plaaslike regering. Kosmos 94.1 Nuus het met politieke ontleder Dr. Marius Kudumo gepraat oor koalisieregerings.
2 Dec 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

ECN, Cran sal saamwerk met verkiesingsinligting

Die Kommunikasie Regulerendeowerheid, Cran, en die Verkiesingskommissie het 'n memorandum van verstandhouding onderteken om demokratiese prosesse te versterk deur verbeterde kommunikasie en tegnologie. Volgens Cran sal die vennootskap deursigtigheid, inklusiwiteit en openbare bewustheid in verkiesingsprosesse bevorder, en verseker dat verkiesingsinligting toeganklik, akkuraat en veilig is vir alle Namibiërs. Kosmos 94.1…
5 Dec 1AM 1 min

Rwanda, DRK onderteken vredesooreenkoms in VSA

Die Demokratiese Republiek die Kongo se president, Felix Tshisekedi, en sy Rwandese ampsgenoot, Paul Kagame, het ʼn vredesooreenkoms onderteken wat die langdurige konflik in die streek moet beëindig. President Donald Trump van Amerika het die ondertekeningseremonie by die Amerikaanse Instituut vir Vrede in Washington aangebied. Sowat 7 000 mense is…
5 Dec 1AM 1 min

Rand behaal onder 17 teen Amerikaanse dollar

Die Suid-Afrikaanse rand verhandel net onder 17 teen die Amerikaanse dollar en was laas in Januarie 2023 op die vlak. Die Amerikaanse geldeenheid het in die afgelope ses maande net minder as 5 persent van sy waarde verloor en toestande is gunstig in Suid-Afrika. Ekonoom Dawie Klopper sê die rand…
5 Dec 12AM 1 min

Reitan van Noorweë loop voor by Nedbank-gholfuitdaging

Kristoffer Reitan van Noorweë het ʼn eerste ronde van nege onder 63 aangeteken en loop voor by die Nedbank-gholfuitdaging in Noordwes. Hy is drie houe voor Marcus Armitage van Engeland, die Fransman Adrien Saddier en Jesper Svensson van Swede. Die Suid-Afrikaners, Garrick Higgo en Shaun Norris, het die eerste ronde…
5 Dec 12AM 1 min