
Nuwe Grondwetsontwerp: Waar's die bevindings van twee grondkonferensies?
Loading player...
Die Ovaherero Tradisionele Owerheid spreek kommer uit dat Namibië na 34 jaar van onafhanklikheid steeds sukkel met ware grondhervorming. Opperhoof Hoze Riruako, sal môre 'n alternatiewe raamwerk vir landbouhervorming aanbied. Hy sê vorige benaderings soos die gewillige koper en verkoper-model, die 20-hektaar-program en hervestigingsinisiatiewe het misluk om die grondkwessie aan te spreek. Hy het voor die geleentheid met Kosmos 94.1 Nuus gesels.

