Withuis sê VSA was in sy regte om oorlewendes te dood

Loading player...
Die Withuis het admiraal Frank Bradley verdedig wat volgens berigte in September opdrag gegee het vir ʼn opvolgaanval op ʼn vermeende Venezolaanse dwelmboot waarin oorlewendes ook dood is. Die minister van Verdediging, Pete Hegseth, het onder skoot gekom nadat hy volgens berigte opdrag gegee het dat almal aan boord uitgewis word. Elf mense is dood en die opvolg-aanval is volgens berigte uitgevoer nadat twee mense die eerste aanval oorleef het. Die Withuis se perssekretaris, Karoline Leavitt, sê die tweede aanval was wettig en uit selfverdediging:
2 Dec 2025 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Eskom kan nie aan SA se groeiende eise voldoen nie - Mbeki

Oudpresident Thabo Mbeki sê Eskom kan nie aan Suid-Afrika se groeiende ekonomiese en tegnologiese eise voldoen nie. Mbeki waarsku ontwikkelings soos kunsmatige intelligensie en datasentrums vereis groot hoeveelhede elektrisiteit. Hy sê Eskom se opwekkingskapasiteit kan vinnig uitgebrei word, maar interne struikelblokke keer optrede. Hy sê ook ʼn nasionale dialoog is…
19 Jan 1AM 1 min

Motsepe stel Afrika-Nasiesliga bekend

Die president van die Konfederasie van Afrikasokker, Patrice Motsepe, het amptelik die nuwe Afrika-Nasiesliga bekendgestel, met 54 deelnemende lande. Die toernooi, wat in een land aangebied sal word tussen FIFA-toernooie, sal sone-kompetisies insluit met wenners wat sal deurdring na die eindstryd. Motsepe het onderneem om skeidregters te verbeter en respek…
19 Jan 1AM 1 min

Carney sê Groenland se toekoms behoort nie aan Trump nie

Die Kanadese premier Mark Carney sê sy land sal altyd die soewereiniteit en gebiedsintegriteit van lande, insluitend Groenland, ondersteun. President Donald Trump het herhaaldelik daarop aangedring dat Amerika Groenland moet verkry vir nasionale veiligheid en om te verhoed dat Rusland of China beheer kry. Hy het ook gedreig om nuwe…
19 Jan 12AM 1 min

SALGA vra dringende optrede om rampbestuur te versterk

Die Suid-Afrikaanse Vereniging van Plaaslike Regerings, SALGA, vra versnelde nasionale optrede om munisipaliteite te ondersteun wat toenemend klimaat-verwante rampe beleef. Onlangse oorstromings, storms en veldbrande het eiendomme en mense se lewensbestaan vernietig, en meer as 30 lewens geëis. Die voorsitter van SALGA se werksgroep vir nooddienste en rampbestuur, Mluleki Nkosi,…
19 Jan 12AM 1 min

Alle aanduidings is dat La Niña verswak

Die nuutste AMT-weervoorspelling is uit. Die boonste helfte van die sentrale Stille Oseaan is reeds warmer as normaal, ’n teken dat La Niña-toestande vinnig kan verander. Johan van den Berg ondersoek wat dit beteken vir die kort-, medium- en langtermyn reënvooruitsigte.
19 Jan 12AM 1 min