Reeks om As het nie pienkbal-toets nodig: Root

Loading player...
Krieket: Joe Root van Engeland glo 'n reeks soos die As, gegewe sy gewildheid, hoef nie 'n pienkbal-toets in te sluit soos die een wat van Donderdag af op die Gabba gespeel word nie. Hy het in elk van Engeland se sewe vorige dag-aand-toetse gespeel, waarvan hulle slegs twee gewen en vyf verloor het. Australië het 13 van hul 14 dag-aand-toetse gewen. Root sê dit sal moeilik wees om met die pienk bal te speel teen Australië se aanval in die toestande in Brisbane:
1 Dec 7AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Goud anker steeds Suid-Afrika se ekonomie

Die minister van Minerale en Petroleum Hulpbronne, Gwede Mantashe, sê goudmynbedrywighede is steeds die Suid-Afrikaanse ekonomie se anker en verskaf broodnodige werk aan landsburgers. Die minister het gister die Qala Shallows-goudmyn in Roodepoort, Gauteng, geopen. Mantashe sê die myn toon die regering se voortgesette toewyding om ʼn goeie omgewing te…
5 Dec 5AM 1 min

Populisme vir stemme is teenproduktief vir vlugtelinge

Die VN se Hoë Kommissaris vir Vlugtelinge, Filippo Grandi, tree op 31 Desember af. In ‘n onderhoud met Sky News het hy sy kommer uitgespreek oor die huidige narratief oor migrasie en vlugtelinge. Hy beskryf dit as teenproduktief.
5 Dec 5AM 1 min

Dash vir weggooi-babas

Die Nedbank Desert Dash skop oor ‘n halfuur af met deelnemers wat 401 km in 24 uur moet aflê. Een van die spanne wat deelneem, All4theBabies, ry vir die Rauch Elohim-stigting. Kosmos 94.1 Nuus het met die stigter, Ronel Peters gepraat wat 'n boodskap vir die fietsryers het.
5 Dec 5AM 1 min