
Biometrie ingespan teen aanlynbedrog
Loading player...
Bank Windhoek verskerp die stryd teen digitale bedrog deur gevorderde biometriese verifikasie op sy mobiele toepassing in te faseer. Namate kubermisdaad wêreldwyd en tuis toeneem, sê die bank dat die nuwe tegnologie, wat vingerafdrukke en gesigsherkenning gebruik, 'n feitlik ondeurdringbare laag van beskerming byvoeg. Uitvoerende beampte Ryan Geyser sê die stap versterk kliënteveiligheid.

