Vier vas oor beweerde militêre werwing vir Rusland

Loading player...
Vier verdagtes verskyn môre in die Kemptonpark-landdroshof nadat hulle in hegtenis geneem is vir vermoedelike oortreding van die Wet op die Regulering van Buitelandse Militêre Bystand. Hulle is by OR Tambo Internasionale Lughawe onderskep terwyl hulle op pad na Rusland was. Die woordvoerder van die Valke, Katlego Mogale sê 'n Suid-Afrikaanse vrou het na bewering hul werwing vir die Russiese weermag fasiliteer. Mogale het aan SABC News gesê elektroniese toestelle is gekonfiskeer en owerhede ondersoek moontlike wyer veiligheidsbedreigings:
30 Nov 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Bank Windhoek kry weer internasionale toekenning

Bank Windhoek is deur The Banker Magazine, die wêreld se voorste finansiële intelligensiepublikasie, as die "Bank van die Jaar: Namibië 2025" aangewys. Hierdie gesogte toekenning, wat wyd beskou word as die bedryfstandaard vir bankuitnemendheid wêreldwyd, is die vierde keer dat die bank hierdie internasionale erkenning ontvang. Die besturende direkteur, James…
5 Dec 7AM 1 min

Kokaïen van R3,6 miljoen in George gekonfiskeer

Die Wes-Kaapse Eenheid vir Georganiseerde Misdaadondersoeke het 'n dwelmvonds ter waarde van 3,6-miljoen Suid-Afrikaanse rand op die N12 in George gemaak. 'n Polisiewoordvoerder, Wesley Twigg, sê 'n vragmotor wat van Johannesburg na George onderweg was, is voorgekeer en deursoek. Hy sê lede van die eenheid het afgekom op 'n houer…
5 Dec 7AM 1 min

Goud anker steeds Suid-Afrika se ekonomie

Die minister van Minerale en Petroleum Hulpbronne, Gwede Mantashe, sê goudmynbedrywighede is steeds die Suid-Afrikaanse ekonomie se anker en verskaf broodnodige werk aan landsburgers. Die minister het gister die Qala Shallows-goudmyn in Roodepoort, Gauteng, geopen. Mantashe sê die myn toon die regering se voortgesette toewyding om ʼn goeie omgewing te…
5 Dec 5AM 1 min

Populisme vir stemme is teenproduktief vir vlugtelinge

Die VN se Hoë Kommissaris vir Vlugtelinge, Filippo Grandi, tree op 31 Desember af. In ‘n onderhoud met Sky News het hy sy kommer uitgespreek oor die huidige narratief oor migrasie en vlugtelinge. Hy beskryf dit as teenproduktief.
5 Dec 5AM 1 min