
Joburg se goue burgemeestersketting, regimentswaard glo soek
Loading player...
Die DA sê hy het verskeie kere al probeer om uit te vind waar belangrike artefakte van die Stad Johannesburg, naamlik die burgemeester se goue ampsketting en die regimentswaard bewaar word. Dit is veronderstel om veilig in die bank te wees. Bongani Nkwanyana van die DA sê 'n oorsigbesoek wat twee weke gelede moes plaasvind, is weens vae en onoortuigende redes uitgestel. Volgens hom sê die speaker van die raad hy het die ampsketting in Oktober gesien, maar ander raadslede kan dit nie bevestig nie:

